Word deel van geen nuwe MIV-infeksies op kampus, teen 2012
Hoe kan ek betrokke word in die stryd teen MIV en Vigs? Die antwoord is eenvoudig: word ‘n Peer 2 Peer Educator! Die MIV kantoor, ook bekend as die Kantoor vir Institusionele MIV Koördinering (KIMK), bied jaarlikse ‘n Portuur Voorligter Opleidingswerkswinkel aan.
Die werkswinkel strek oor twee naweke en sluit die feite rakende MIV/vigs, geslag-stereotipes en seksualiteits-onderwerpe. Die doel is om studente toe te rus met genoeg kennis en vaardighede om faktore wat bydra tot die verspreiding van MIV en Vigs aan te spreek.
Wanneer?
13-15 en 27-29 Augustus 2010
Hoe doen ek aansoek?
Jy kan jou plek verseker deur ‘n aansoekvorm aanlyn te voltooi of om dit uit te druk en direk by ons kantoor by die Bedryfsielkunde gebou, Kamer 3003 in te lewer.
Die vorms is beskikbaar op ons webblad www.sun.ac.za/hiv. Slegs 60 kandidate kan geakkommodeer word.
Wat word van my verwag?
Alle kursus materiaal en etes word gratis voorsien tydens die werkswinkels. Al wat van aansoekers verwag word is om beide naweke se werksessies; ‘n gemeenskapsuitreik; en die jaarlikse Vrywillige Berading en Toetsing veldtog bytewoon in Maart 2010.
Wat is voordele?
Eerstens voorsien die werkswinkels deelnemers met breër kennis en die nodige vaardighede om MIV verwante sake op en buite kampus te hanteer. Tweedens, bied dit studente die geleentheid om sekere aktiwiteite waarby hulle betrokke is tydens die opleiding as deel van hul kursus projekte te gebruik. Laastens, studente wat hulself verbind tot die program ontvang ‘n aanbevelingsbrief wat hul betrokkenheid by die Stellenbosch Universiteit en die gemeenskappe rondom kampus bevestig.
Wanneer is die sluitingsdatum?
7 Mei 2010 om 16:00.
Kontak Inligting
Voltooi die aansoekvorm by www.sun.ac.za/HIV.
Tel: 021 808 2865 of e-pos: peered@sun.ac.za

Kan julle dalk hierdie plasing hernu en opskuif in die Nuusblog?
Jaco