JS Gericke Biblioteek: Studente-assistent benodig
Die afdeling Spesiale Versamelings in die JS Gericke Biblioteek benodig die dienste van ‘n studente-assistent vir 2010.
Werksure:
12 ure per werksweek (Ma.-Vr. 8:00-16:30), ingedeel volgens beskikbaarheid van die suksesvolle kandidaat.
Pligte:
Algemene administratiewe funksies
Sortering en fisiese versorging van dokumentversamelings
Vereistes:
Noukeurigheid
Rekenaarvaardigheid
Goeie interpersoonlike vaardighede
Kommunikasievaardighede in beide Afrikaans en Engels
Aanbevelings:
Belangstelling in en kennis van Suid-Afrikaanse Geskiedenis en Afrikaanse Letterkunde.
Op nagraadse vlak in ‘n toepaslike studierigting met min gereelde klasbywoning.
Diensaanvaarding: 1 April 2010
Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Maart 2010
Navrae: Me Mimi Seyffert by (021) 808 4887 of e-pos: mseyf@sun.ac.za
’n Volledige Curriculum Vitae met toepaslike dekbrief moet gerig word aan me MC Seyffert, Spesiale Versamelings, JS Gericke Biblioteek. Aansoeke kan ingehandig word by die Afdeling Spesiale Versamelings, lokaal 1065, in die JS Gericke Biblioteek, of per e-pos aangestuur word na mseyf@sun.ac.za of per faks na (021) 808 3723.

Plaas u kommentaar