Europese biobrandstofkundiges sê ja vir 20%-teiken, maar gaan Afrika akkoord?
Biobrandstofkenners aan die Universiteit Stellenbosch help organiseer ‘n saamtrek van belanghebbendes en voorste denkers in die bio-energiesektor van Afrika op Stellenbosch van 17 tot 19 Maart. By die geleentheid sal deelnemers moet besluit of hulle akkoord gaan met die 20%-teiken vir volhoubare bio-energieproduksie wat hulle Europese eweknieë in die projek vir wêreldwye volhoubare bio-energie (GSB) gestel het.
