Die studente wat vanjaar tydens die jaarlikse Eerstejaarsakademie Prestige-aand vereer is vir hul voortreflike akademiese prestasies het ’n verantwoordelikheid om hul talente en kennis te gebruik om die akademiese beeld van die universiteit uit te brei en ook om tot die ontwikkeling van Suid-Afrika by te dra. Dit was die boodskap van Prof Russel Botman, [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: March 12, 2010 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Korporatief & Alumni, Studente |
Leerders van nege Kaapse en Bolandse skole het onlangs ʼn eerste kennismaking met rekenaarprogrammering gehad toe hulle ʼn oriënteringskursus van drie dae bygewoon het. Die naweekkursus is by die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied, met van die dosente in Kaapstad wie se lesing via die internet aangebied is.
Lees meer.....
Gepubliseer op: March 12, 2010 |science | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Algemeen, Korporatief & Alumni, Lesings, Natuurwetenskappe, Persverklarings, Studente |
Die Universiteit Stellenbosch bied ‘n verskeidenheid uitgediende meubels en toerusting te koop aan per Tenderveiling. Belangstellendes kan die items wat te koop aangebied word by die US Aankope & Voorsieningsdienste-stoor in Hammandshandweg, Stellenbosch, besigtig vanaf Maandag 8 Maart 2010 tot Vrydag 19 Maart 2010 gedurende die ure 09:00 – 15:00. Tenders moet in verseëlde koeverte, [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: March 12, 2010 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Advertensies, Personeel |
Die voertuigtoegangsbrug aan die oostelike kant na Coetzenburg (Jannie Marais Klubhuis) is gesluit as gevolg van risiko omstandighede. Weens versakkings aan die noordekant van die brug, sal dit gesluit wees tot verdere kennisgewing. Die voetgangersbrug is wel oop vir voetgangers, fietse en motorfietse. Ons vra om verskoning vir enige ongerief en poog om die probleem [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: March 12, 2010 |booysen | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Algemeen, Kennisgewings, Personeel |