Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.




« Vorige Artikels    

Artikels March 16th, 2010

Maties Sokkerspan as TB-ambassadeurs aangewys

Die Maties se Eerste Sokkerspan is Maandag (15 Maart) tydens ’n tuberkulose (TB) bewusmakingsgeleentheid by die Hoërskool Kayamandi in Stellenbosch as spesiale TB-Ambassadeurs in die Sokkerwêreldbeker-jaar, vir spesifiek Kayamandi, maar ook verder in die Wes-Kaap, aangewys. Die Desmond Tutu TB-sentrum, gesetel in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe van die Universiteit Stellenbosch (US) was ‘n mede-fasiliteerder van die geleentheid [...]

Lees meer.....

SUNScholar Opleidingsessies

Wat is SUNScholar? SUNScholar is die volteks, oop toegang digitale navorsingsbewaarplek van die Universiteit van Stellenbosch. Dit help om ons mees waardevolle bate te bewaar – navorsingsprodukte waarvan die Universiteit die eienaars is – vir die jare wat voorlê, en terselfdertyd kanaliseer dit meer verkeer na navorsingsuitsette deur die Universiteit. Besoek SUNScholar by http://scholar.sun.ac.za Datums: [...]

Lees meer.....

Toegepaste wiskundiges byeen op Stellenbosch

Internasionale akademici van onder meer Cambridge Universiteit, die Max Planck Instituut en die Universiteit van British Columbia tel onder die sprekers by die 34ste Suid-Afrikaanse Simposium vir Numeriese en Toegepaste Wiskunde (SANUM), wat van 15 tot 17 Maart by die Universiteit Stellenbosch plaasvind.  Die Afdeling Toegepaste Wiskunde in die Departement Wiskundige Wetenskappe is die gasheer [...]

Lees meer.....

Derde Stellenbosch Internasionale Klaviersimposium weer hier!

Die Universiteit Stellenbosch se Departement Musiek en Konservatorium is vanaf  20 tot 24 Maart 2010 die gasheer vir die derde Stellenbosch Internasionale Klaviersimposium. Hierdie unieke ondervinding bring die beste plaaslike en internasionale pianiste bymekaar vir vyf dae van meesterklasse, lesings en konserte. Internasionale kunstenaars Vadim Monastyrsky van die Universiteit van Tel Aviv, Israel, en Lori [...]

Lees meer.....

Besoek die Universiteitsmuseum en Kunsgalery se nuusblaaie

Besoek asb gereeld die Universiteitsmuseum en die US Kunsgalery se nuusblaaie (blogs). Alle inligting rakende uitstallings word opgedateer en vertoon op hierdie blaaie. http://blogs.sun.ac.za/museum/ http://blogs.sun.ac.za/kunsgalery/  Volg ons ook op twitter en facebook. http://twitter.com/USArtGallery http://www.facebook.com/pages/US-Art-Gallery-US-Kunsgalery/189088808791?ref=share

Lees meer.....

Nadoktorale navorsing by die Departement Biomediese Wetenskappe

Postdoktorale Navorsingsposisie Daar bestaan ʼn posisie vir postdoktorale navorsing by die Departement Biomediese Wetenskappe Navorsingsgebied: Navorsers van die Desmond Tutu TB-Sentrum versamel sedert 1993 epidemiologiese data en sputummonsters van TB-gevalle in twee Kaapse voorstede, Ravensmead en Uitsig. Ons weet die kategorie van ‘herbehandelingsgevalle’ in hierdie gemeenskappe sluit nie net pasiënte in wat ná ʼn vorige [...]

Lees meer.....

Suid-Afrikaanse Biblioteekweek, 22-27 Maart 2010

Die Suid-Afrikaanse Biblioteekweek word vanjaar van 22 tot 27 Maart gevier. Jaarliks bied hierdie gebeurtenis vir die Biblioteek- en Inligtingsdiens die geleentheid om die rol van die Biblioteek in die samelewing en veral hier op kampus te vier. Ons nooi dus almal graag om gedurende dié week ‘n paar spesiale aktiwiteite by te woon: VASVRA [...]

Lees meer.....

Athol Fugard se 'Victoria' by HB Thom-teater te sien

Die Universiteit Stellenbosch se Drama Departement bied met trots aan die eerste Afrikaans-vertaalde Athol Fugard produksie Victoria.  Hierdie emosionele drama gevul met persoonlike en politieke verlies  speel af in die Klein Karoo in die jaar 2007.  Lionel, ‘n afgetrede onderwyser worstel met die dood van sy vrou.  Daarteenoor vind ‘n jong meisie, Victoria, dieselfde verlies [...]

Lees meer.....