Deel in ons sosiale netwerke by:            
      




HEAIDS-verslag oor MIV-voorkoms by SA Hoër Onderwysinstansies bekendgemaak


“Die erns waarmee personeel en studente van die US aan die omvangryke studie na die voorkoms van MIV deelgeneem het, is bemoedigend. ‘n Mens sou graag groter deelname wou sien en bevorder, maar dit is vir ons duidelik dat die kampusgemeenskap in die breë die belangrikheid van individuele HIV-status op die hart dra.”

Dit was die kommentaar van prof Julian Smith, Viserektor (Gemeenskapsinteraksie en Personeel, op die bekendmaking van die resultate van die opname wat landwyd by instansies van hoër onderwys gedoen is.

Die Universiteit Stellenbosch (US) was een van die eerstes uit 23 Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstellings om aan die nasionale opname oor MIV-voorkoms en MIV risiko-assessering by studente en personeel deel te neem. Dié opname is onlangs afgehandel en die resultate hiervan is gister (Maandag 29 Maart) deur die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding, dr Blade Nzimande, in Johannesburg bekendgemaak.

Die opname is vanaf 11 tot 29 Augustus 2008 deur Higher Education South Africa (HESA) onder die vaandel van sy MIV/vigsprogram, die Higher Education HIV/Aids Programme (HEAIDS), op die US-kampus uitgevoer.

Die HEAIDS-verslag sal nou deur die Bestuur van die Universiteit bestudeer word en die bevindinge daarin sal op ’n latere stadium aan US-kampus bekendgemaak word.

Prof Julian Smith, Viserektor: Personeel en Gemeenskapsinteraksie, sê Hoër Onderwys Suid-Afrika, die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding en hul vennote van die Europese Unie moet gelukgewens word vir die suksesvolle implementering van ʼn studie van hierdie omvang. “Namate ons die impak van al die data soos by ons eie institusionele beplanning voorgelê is, bestudeer, is ons oortuig dat hierdie soort navorsing ʼn gereelde deel van hoër onderwys se sektorrespons op MIV moet word. Slegs toekomstige navorsing sal ons vermoë om hierdie bemoedigende resultate vol te hou, onthul. Die amptelike erkenning van die sukses van die MIV- en Vigseenheid in hierdie verslag is rede tot internasionale trots.”

Die opname het altesaam 25 000 personeellede en studente by verskeie instellings in Suid-Afrika betrek. Dit is die eerste van sy soort in die hoëronderwyssektor en is moontlik gemaak deur ’n vennootskap tussen die Europese Unie, HESA en die Departement van Onderwys.

Vir die volledige persverklaring van die Minister, lees hier.

Vir die persverklaring, kliek hier


Plaas u kommentaar

*