Deel in ons sosiale netwerke by:            
      




Skryf vir die Media II: Mediaverklarings


Skryf vir die Media II: Mediaverklarings, die tweede werkswinkel in die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum se reeks oor mediaskryfwerk, word op 20 Mei 2010 aangebied. Ons bied hierdie intensiewe werkswinkel spesifiek aan vir diegene wat reeds ondervinding het in die skryf van mediaverklarings en skakeling met die media. Die fokus sal streng op die skryf en versorging van ’n mediaverklaring wees.

 Alle deelnemers moet vooraf twee voorbeelde van hulle eie mediaverklarings verskaf, wat tydens die werkswinkel bespreek en verbeter sal word. Ons het slegs plek vir agt deelnemers. Bywoning van die inleidende sessie, Skryf vir die Media I: Algemeen, is nie ’n voorvereiste nie.

 Dawid Botha, ’n onafhanklike kommunikasiekonsultant, wat reeds sewe jaar betrokke is by die aanbieding van hierdie werkswinkel, sal as fasiliteerder optree.

 Dit kos R2 280 om in te skryf, en die sluitingsdatum vir inskrywings is 11 Mei 2010. Alhoewel die voertaal Engels is, volg die Taalsentrum ’n deelnemervriendelike taalbenadering en deelnemers is welkom om in Afrikaans te kommunikeer. Besoek ons webwerf (www.sun.ac.za/taalsentrum) vir volledige besonderhede en om ’n inskrywingsvorm af te laai, of tree so gou moontlik met Audrey Poole in verbinding by 021 808 2167 of taalsentrum@sun.ac.za.


Plaas u kommentaar

*