Die Buya Skole Teaterfees is weer hier!
Die vyfde jaarlikse Buya Skole Teaterfees word weer vanjaar vanaf 3 tot 8 Mei 2010 elke middag in die H.B. Thom Teater, Stellenbosch aangebied.
Daar is daagliks vier tot vyf aanbiedings bestaande uit ‘n verskeidenheid stukke deur hoërskole, primêre skole en jeuggroepe. Dié talentvolle groepe kom grotendeels uit die Khayelitsha omgewing met tog ‘n aantal skole uit Strand en die Boland. Hoewel die voertaal meestal IsiXhosa is, word die storielyn pragtig deur dans en sang ondervang.
Teatergangers sal verstom wees deur die inhoud en uitvoering van die aanbiedings – beide wat verskeidenheid en insig betref. Kom bring dus gerus ‘n middag of vyf in die gemak van die H. B. Thom Teater deur. Toegang is gratis en u is welkom om die volle week, ‘n middag of selfs net een aanbieding by te woon.
Die publiek word ook genooi om op Saterdag 8 Mei om 10.00 die Toekenningseremonie by te woon. Daar word ‘n kort stuk aangebied asook ‘n gesprek oor die stand van drama op skolevlak.
Die fees is moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning van die Arts & Culture Trust.
Vir verdere inligting skakel 021 808 3088/3216
Datum: 3 tot 8 Mei 2010 Tyd: 16h00 daagliks, Saterdag om 10h00 Plek: H. B. Thom Teater, Stellenbosch Genre: Teater aanbiedings deur Skole en Jeuggroepe Taal: IsiXhosa, Engels, Afrikaans* Uitgereik deur Johan Esterhuizen, Departement Drama, Universiteit Stellenbosch. Mede organiseerder Buya Skole Teaterfees.

Plaas u kommentaar