Universiteit Stellenbosch Interaksie met Skole (USIS) Gesprekke
Skolevennootskappe is die belangrikste kategorie van gemeenskapsinteraksieprojekte by die Universiteit Stellenbosch (US). Ongeveer 40% van alle projekte wat op die US gemeenskapsinteraksie-databasis geregistreer is, is skoleprojekte. Aangesien skole van strategiese belang is vir die US, is kritiese gesprekvoering oor ons werk in skole noodsaaklik om ons te help herbesin oor hoe ons met skole saamwerk. Die Afdeling Gemeenskapsinteraksie (AGI) hoop om met hierdie gesprek ‘n reeks gesprekke te inisieer oor die US se werk met skole. Hierdie eerste gesprek sal die agtergrond van die US se Skolevennootskapprojek skets. ‘n Oorsig van die omvang van die Universiteit se werk in skole en die eerste fase van ‘n situasie-analise van vennootskole sal aangebied word en sal die konteks verskaf waarbinne die pad vorentoe vir die projek uitgestippel word.
Spreker: Rolene Liebenberg (Bestuurder: Skolevennootskappe)
Voorsitter: Dr Jerome Slamat (Senior Direkteur: Gemeenskapsinteraksie)
Titel: ‘n Oorsig oor ons werk in skole: Herbesinning van die US se interaksie met skole
Datum: Dinsdag 3 Augustus 2010
Tyd: 12:30 – 14:00
Lokaal: GG Cillie Gebou Kmr 3008 (Opvoedkunde):
‘n Ligte middagete sal bedien word aan die begin van die verrigtinge.
RSVP: Rolene Liebenberg by (021) 808 9142 of rolene@sun.ac.za

Plaas u kommentaar