Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.




« Vorige Artikels    

ArtikelsSeptember, 2010

Discovery Health inligtingsessies

Graag wil ons u in kennis stel van die Discovery Health inligtingsessies wat binnekort gaan plaasvind. Hierdie sessies sal inligting bevat oor: – Discovery Health 2011 bydraes en voordele – OcsaCare – Admed Gap Vir meer inligting oor waar en wanneer hierdie sessies gaan plaasvind, lees hier

Lees meer.....

US bied ‘Oop Toegang’ seminaar aan

Oop Toegang is ‘n beweging wat daarna streef om wetenskaplike navorsingsmateriaal beskikbaar te stel op wyses wat nie voorheen gedoen is nie. Hierdie materiaal sluit in gepubliseerde en ongepubliseerde artikels, asook datastelle, tesisse, proefskrifte, hoofstukke uit boeke, boeke en baie meer. Seminaar: Oop Toegang tot Inligting Die Biblioteek- en Inligtingsdiens, Universiteit Stellenbosch bied op 20 Oktober […]

Lees meer.....

Seminaar: These People are my People, these Places are my Places”: Cultural Hybridity and Identity in the Work of South African Artist, David Kramer

Departement Engels Spreker: Tilla Slabbert (US) Titel: These People are my People, these Places are my Places”: Cultural Hybridity and Identity in the Work of South African Artist, David Kramer Datum: Donderdag 7 Oktober 2010 Tyd: 12:00-13:00 Plek: “Geel”/ “Groen” Molteno Kamer (579), Departement Engels, 5de Vloer, Lettere en Sosiale Wetenskappe-gebou Vir verdere inligting kontak […]

Lees meer.....

US se Natuurwetenskappe-dekaan vereer vir waternavorsing en waterbestuurswerk

Prof Eugene Cloete, die Universiteit Stellenbosch (US) se Natuurwetenskappe-dekaan, mikrobioloog, en uitvinder van die teesakkiewaterfilter, is die enigste verteenwoordiger van Afrika om in die nuwe genoteprogram van die Internasionale Watervereniging (IWA) opgeneem te word. IWA is die grootste internasionale vereniging vir waterberoepslui, en erken buitengewone en uitnemende prestasie op watergebied. By ʼn onthaal gedurende IWA […]

Lees meer.....

IWWOUS-span op pad na Pretoria vir wetenskapekspo

Projekte oor sonkrag-selfone, die emosionele welstand van perde, Anatoliese herdershonde, die aërodinamika van die Jabulani sokkerbal en die effek van koffie is onder die twintigtal inskrywings van hoër- en laerskoolleerders wat hierdie naweek die Stellenbosch-streek se naam hoog gaan hou by die Nasionale Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes in Pretoria. Die groep van 29 leerders […]

Lees meer.....

MSc Verdediging: Departement Biochemie

MSc Verdediging Kandidaat: Francios du Tiot Titel: Control analysis of the Action Potential and its propagation in the Hodgkin-Huxley model Studieleier Prof Jacky Snoep Datum: Donderdag 30 September Tyd: 13:00 Plek: Biochemie Seminaarkamer A111, JC Smutsgebou, Stellenbosch Navrae: Erick Strauss, Tel: 021 808 5866, E-pos estrauss@sun.ac.za

Lees meer.....

US maak Python kinderspeletjies

Die programmeringstaal Python was dié naweek letterlik én figuurlik kinderspeletjies toe meer as 80 leerders van 55 skole ʼn inleidende rekenaarprogrammeringskursus by die Universiteit Stellenbosch (US) bygewoon het. Leerders van so ver as Worcester, Hermanus en Vredenburg is touwys gemaak in die grondbeginsels van Python, en het die hulpbronne ontvang om voort te gaan om […]

Lees meer.....

Beste Toegepaste Wiskunde studente vereer

Die beste studente in Toegepaste Wiskunde aan die Universiteit Stellenbosch is op ‘n prysuitdelingsfunksie in die Departement Wiskundige Wetenskappe: Afdeling Toegepaste Wiskunde vereer. Die toppresteerders in die onderskeie jaargroepe was Ralph Rudd (beste honneursstudent), Maryke Thom (beste derdejaarstudent), Renier van Rooyen (beste tweedejaarstudent) en Gerdus Benade (beste eerstejaarstudent). Die studente het elkeen ‘n boekprys, geborg deur […]

Lees meer.....