Deel in ons sosiale netwerke by:            
      




Opwindende kursus vir Studenteleiers


Studenteleiers as Agente van Sosiale Verandering

Die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling bied ʼn wonderlike nuwe kursus aan met die tema: Studenteleiers as Agente van Sosiale Verandering. Die kursus skop af met ʼn eerste ontmoeting op Maandag 11 Oktober 2010 en sal aan die gang wees vanaf Februarie 2011-September 2011.

Die kursus word in samewerking met die Sentrum vir Leierskap by Samford Universiteit (VSA) aangebied en US studente sal die geleentheid hê om met studente van hierdie universiteit oor die vermelde tema te skakel.

Daar is slegs ʼn beperkte aantal plekke vir deelnemers en die aansoeke sluit op Vrydag 1 Oktober 2010

Kontak dr Leslie van Rooi by lbvr@sun.ac.za vir enige verdere navrae.


Kommentaar is gesluit.