Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.




« Vorige Artikels    

ArtikelsOctober, 2010

Voedselsekerheidsimposium verfyn inisiatief se fokus

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Voedselsekerheidinisiatief-simposium wat Vrydag (29 Oktober) by die Devon Valley-hotel buite Stellenbosch gehou is, was daarop gemik om interdissiplinêre dialoog rondom voedselsekerheid aan te moedig en uit hierdie gesprekke die fokus van die inisiatief te verfyn.  Die Voedselsekerheidinisiatief is ’n inisiatief van die US se HOOP Projek.  Verskeie sprekers het insiggewende […]

Lees meer.....

Alumni-steun noodsaaklik vir HOOP Projek

Suid-Afrikaners in die buiteland het ‘n belangrike rol te speel ter ondersteuning van die Universiteit Stellenbosch (US) en sy HOOP Projek. Dít was die wekroep van prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier, aan sowat 150 alumni en vriende van die US Donderdagaand [28 Oktober 2010] by die Verenigde Koninkryk (VK)-bekendstelling van die HOOP Projek in Londen. […]

Lees meer.....

En die Grammy-wenner is…

Die klavierduo bestaande uit Nina Schumann en Luis Magalhães sal dalk eersdaags die woorde “En die Grammy-wenner is” hoor – hulle het onlangs die goeie nuus gekry dat twee van die CD’s uit die stal van TwoPianists deur die eerste rondte van die Grammy-keuring gekom het. Verlede jaar het die CD TwoPianists ook die eerste […]

Lees meer.....

Maties speel basketbal in truie van die Universiteit Kaapstad

‘n Matie bly ‘n Matie, al speel hulle basketbal in truie van die Universiteit Kaapstad. Die Universiteit Stellenbosch (US) se basketbalspan het onlangs gewys dat selfs al is Maties en die Universiteit Kaapstad (UK) nie die grootste vriende as dit by sport kom nie, moet dit nie in die pad staan van goeie sportmangees nie. […]

Lees meer.....

Geografiese Inligtingstelsels (GIS) kortkursus

‘n Kortkursus in Geografiese Inligtingstelsels (GIS) sal van 15-19 November 2010 by die Sentrum vir Geografiese Analise aangebied word. Dié inleidende kursus teiken GIS beginners wie basiese opleiding in die gebruik van GIS funksies, soos kaart projeksie, data vaslegging, redigering en manipulasie, benodig. Deelnemers sal ook blootgestel word aan meer gevorderde GIS toepassings, soos ruimtelike […]

Lees meer.....

US-navorsers aan voorpunt van kanker-deurbraak

Navorsers by die Fakulteit Gesondheidswetenskappe staan aan die voorpunt van die eerste kliniese studie om nuwe tegnologie wat aangewend kan word vir die lokalisering van kankergewasse gedurende radioterapie te evalueer. Hierdie internasionale studie word gedoen in samewerking met Calypso Medical Technologies, Inc van Amerika. Die hoë standaarde en internasionale erkenning wat die Afdeling Pulmonologie, en […]

Lees meer.....

Die US tree tot die stryd teen korrupsie toe

Die opleiding van staatsamptenare om korrupsie in hul eie departemente uit te roei is dalk die “verlore skakel” in die stryd teen dié groeiende probleem in Suid-Afrika. Só het prof Gavin Woods van die Universiteit Stellenbosch (US) se Skool vir Publieke Leierskap (SPL) gisteraand [26 Oktober 2010] in sy intreerede gesê. In talle regeringstrukture “ontbreek […]

Lees meer.....

Nog ’n suksesvolle ‘Dag in die Lewe van ’n Matie’ aangebied!

Die Sentrum vir Voornemende Studente (SVS) het op die 22ste Oktober 2010 ongeveer 80 Graad 11‑leerders van Lentegeur, Mondale, Spineroad, Malibu en Kleinvlei Hoër op die Stellenbosch kampus ontvang. Die geleentheid was die Dag in die Lewe van ’n Matie – ’n daglange program wat spesifiek ontwerp is om top akademiese leerders te bereik en hul te inspireer om die hoër onderwys toe te tree, en om Stellenbosch Universiteit hulle voorkeur tersiêre instansie te maak.

Lees meer.....