Deel in ons sosiale netwerke by:            
      




20 jaar Duitse Eenheid – Uitstalling in JS Gericke Biblioteek


’n Uitstalling deur die Duitse Konsulaat, getiteld 20 years of German Unity, is tans in die JS Gericke Biblioteek te sien. Die uitstalling is deel van ’n reeks Duitse kulturele geleenthede wat deel vorm van ’n program “Cultural Weeks in Cape Town” van Oktober 2010 tot Februarie 2011.

Hierdie kulturele uitruiling vier twee belangrike mylpale vir Suid-Afrika en Duitsland: Nelson Mandela is 20 jaar gelede vrygelaat ná 27 jaar in gevangeneskap en albei dele van die na-oorlogse Duitsland is 20 jaar gelede weer herenig ná 42 jaar se skeiding. 

Die uitstalling kan tot 29 Oktober 2010 op die boonste vlak van die JS Gericke Biblioteek besigtig word. Vir meer inligting oor “Cultural Weeks in Cape Town”, klik hier vir ’n program.


Plaas u kommentaar

*