Victoriastraat sal op Donderdag 2 Desember vanaf ongeveer 07:30 tot 20:00 vir verkeer gesluit wees. ‘n Advertensie vir Ford word deur ‘n internasionale maatskappy hier geskiet en sal die grootste gedeelte van Victoriastraat vir verkeer gesluit wees. Verkeersbeamptes sal aan diens wees om met die verkeervloei te help. Toegang tot huise en besighede in Victoriastraat [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 30, 2010 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Personeel, Studente |
Vir die oordra van of skep van nuwe Webstudies modules vir 2011, voltooi asseblief die vorm by http://www.sun.ac.za/webstudies/rollover. Groete Webstudiesspan
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 30, 2010 |Marinda | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Akademies, Algemeen, Personeel |
JS Gericke Biblioteek Bronverskaffingsafdeling Studente-Assistente benodig vir 2011 Werksure: ’n Span studente-assistente werk diensbeurte op ’n rotasiebasis volgens ’n rooster, Maandag – Donderdagaande: 16:30 – 22.00; asook Saterdae: 10:00 – 16:30. Pligte: Uitleen-, reserwe- en administratiewe funksies, asook algemene navrae en kliëntediens binne die Bronverskaffingsomgewing. Vereistes: Baie goeie rekenaarvaardigheid Goeie kommunikasievaardighede in beide Afrikaans en [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 30, 2010 |reinetf | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Studente |
Die Fakulteit Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch hou op Dinsdag 7 Desember 2010 sy jaarlikse M-Net Jac van der Merwe Kompetisie vir Innovasie. Finaliste van die Ingenieursdepartemente ding mee om die R15 000-prys wat gaan aan die finalejaarstudent met die innoverendste projek. Alle belangstellendes is welkom om na die aanbiedings van die finaliste te kom [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 29, 2010 |lkoch | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Akademies, Algemeen, Ingenieurswese, Kennisgewings, Korporatief & Alumni, Personeel, Studente |
Die navorsingsprojek “Skoolleierskap, -bestuur en -beheer in ʼn diverse konteks, vir volhoubare onderwys van gehalte vir almal” deur prof Jan Heystek van die Universiteit Stellenbosch bied ʼn nadoktorale genootskap in Onderwysleierskap en -bestuur in Skole. Die doel van die genootskap is om ons begrip van skoolleierskap en -bestuur in die diverse Suid-Afrikaanse skoolkonteks te verbeter. [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 26, 2010 |viljoenm | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Akademies, Algemeen, Opvoedkunde, Studente |
Stel jy belang in tegnologie, lasers, wetenskap en fisika? Dan moet jy nie die Opedag van die Lasernavorsingsinstituut (LNI) aan die Universiteit Stellenbosch (US) op Dinsdag 30 November misloop nie. Aktiwiteite soos praktiese eksperimente deur nagraadse studente, laboratoriumtoere, gewilde lesings en laservertonings is als op die middag se program. Die geleentheid vind plaas van 14:00 [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 26, 2010 |science | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Gemeenskapsinteraksie, Korporatief & Alumni, Lesings, Natuurwetenskappe, Personeel, Persverklarings, Studente |
’n Span studente van die Universiteit Stellenbosch het hul slag as rekenaarwetenskaplikes gewys toe hulle vir die wêreldeindstryd van die Association for Computing Machinery (ACM) se International Collegiate Programming Contest in Egipte volgende jaar gekwalifiseer het. Die ACM ICP-wêreldeindstryd, bekend as die “The Battle of the Brains”, het die wêreld se 100 topuniversiteitspanne uitgedaag om [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 26, 2010 |science | 1 Kommentaar »
Geplaas in: Algemeen, Natuurwetenskappe, Studente |
Die belang van volhoubare ontwikkeling is beklemtoon by ’n onthaal wat die Universiteit Stellenbosch (US) op Woensdagaand 24 November 2010 vir die Verenigde Nasies-omgewingsprogram (UNEP) se Internasionale Paneel oor Volhoubare Hulpbronbestuur aangebied het. “Ons gaan ’n rampspoedige toekoms tegemoet as almal op aarde teen dieselfde tempo as die ontwikkelde wêreld hulpbronne gebruik. Europa, Amerika en Japan se [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 26, 2010 |viljoenm | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Akademies, Algemeen, HOOP Projek, Korporatief & Alumni, Persverklarings, TsamaHub |