Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.





ArtikelsDecember, 2010

Poste vir studente by die nuwe Navorsingsentrum, JS Gericke Biblioteek

Die Biblioteek- en Inligtingsdiens nooi hiermee senior studente (besig met magister of doktorale studie), met ’n sterk belangstelling in navorsing, om aansoek te doen vir poste as studente-assistente in die Navorsingsentrum.

Lees meer.....

Prof Peter Donald word internasionaal vereer

Prof Peter Donald, Emeritus Professor in die Department Pediatrie en Kindergesondheid, Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US), het onlangs die Internasionale Unie teen Tuberkulose en Longsiektes se hoogste eer ontvang. Die Unie-medalje is aan hom  by die 2010 Algemene Vergadering in Berlyn, Duitsland toegeken. Die unie ken dié medalje toe aan persone wat uitsonderlike […]

Lees meer.....

Moenie ophou om MIV/vigs te beveg nie – boodskap by 6de Wêreldvigsdagkonsert

Dit was ‘n aand om die onbesonge helde in die stryd teen MIV/vigs te vereer – en dit is gedoen met musiek uit die boonste rakke. Die 6de Wêreldvigsdagkonsert, aangebied deur die Afrikasentrum vir MIV/vigsbestuur, is gisteraand in ‘n stampvol Artscape-teater in Kaapstad gehou. Die wêreldbekende groep, Ladysmith Black Mambazo, was van die kunstenaars wat […]

Lees meer.....

Kommunikasie uit die Raad

Die Raad van die Universiteit Stellenbosch het by sy vergadering van 29 November 2010 die volgende sake hanteer: 1. Verstryking van die Rektor se dienstermyn Die Rektor se dienstermyn verstryk in Januarie 2012. Kragtens die US se Reglement insake Prosedure by die Aanstelling van ‘n Rektor en Viserektore moet die proses vir die aanstelling van […]

Lees meer.....

Nuusareas kry eersdaags nuwe ‘gesig’

Die Universiteit se nuusareas spog eersdaags met  ʼn ander gesig! ’n Nuwe, verbeterde ontwerp sal binne die volgende paar dae die huidige stelsel vervang. Van die nuwe veranderinge sluit in ’n meer gebruikersvriendelike stelsel waar die oplaai van artikels aansienlik vereenvoudig is. Jy kan byvoorbeeld nou jou bydraes in beide tale op een blad oplaai! Die […]

Lees meer.....

Nuwe gesondheidsorgopleidingsmodel om landelike gesondheidsopleiding en –diens te verbeter

‘n Nuwe vleuel vir die opleiding van studente in die gesondheidswetenskappe is Dinsdagaand (30 November)  by die Worcester Dagsorgkliniek geopen. Dit is die jongste projek deur die Universiteit Stellenbosch en die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap om die tekort aan professionele gesondheidsorgpraktisyns in landelike gebiede om te keer en om studente bloot te stel aan die […]

Lees meer.....