Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.




« Vorige Artikels    

Gemeenskapsinteraksie

Nuwe gesondheidsorgopleidingsmodel om landelike gesondheidsopleiding en –diens te verbeter

‘n Nuwe vleuel vir die opleiding van studente in die gesondheidswetenskappe is Dinsdagaand (30 November)  by die Worcester Dagsorgkliniek geopen. Dit is die jongste projek deur die Universiteit Stellenbosch en die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap om die tekort aan professionele gesondheidsorgpraktisyns in landelike gebiede om te keer en om studente bloot te stel aan die […]

Lees meer.....

Publiek genooi na opedag van laserinstituut

Stel jy belang in tegnologie, lasers, wetenskap en fisika? Dan moet jy nie die Opedag van die Lasernavorsingsinstituut (LNI) aan die Universiteit Stellenbosch (US) op Dinsdag 30 November misloop nie. Aktiwiteite soos praktiese eksperimente deur nagraadse studente, laboratoriumtoere, gewilde lesings en laservertonings is als op die middag se program. Die geleentheid vind plaas van 14:00 […]

Lees meer.....

Nog ’n suksesvolle ‘Dag in die Lewe van ’n Matie’ aangebied!

Die Sentrum vir Voornemende Studente (SVS) het op die 22ste Oktober 2010 ongeveer 80 Graad 11‑leerders van Lentegeur, Mondale, Spineroad, Malibu en Kleinvlei Hoër op die Stellenbosch kampus ontvang. Die geleentheid was die Dag in die Lewe van ’n Matie – ’n daglange program wat spesifiek ontwerp is om top akademiese leerders te bereik en hul te inspireer om die hoër onderwys toe te tree, en om Stellenbosch Universiteit hulle voorkeur tersiêre instansie te maak.

Lees meer.....

16 Oktober is ons Afrika Dag!

Georganiseer deur die Internasionale Studente Organisasie van Stellenbosch (ISOS) en die Kayamandi Jeug Forum. Kom geniet die dag saam met ons op 16 Oktober 2010 van 10:00 tot 17:00 by die Kayamandi Tourism Corridor. Daar gaan stalletjies wees wat alles verkoop vanaf krale werke and Afrika kunswerke tot van die beste tradisionele Africa kos. Daar […]

Lees meer.....

Stellenbosch-span vaar goed by 30ste Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes

Twee goue, agt silwer en sewe brons medaljes is waarmee die Stellenbosch-streekspan spog na afloop van hierdie naweek se Nasionale Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes, wat in Pretoria gehou is. Die twintig projekte wat deur die plaaslike span ingeskryf is, het ook drie kategoriepryse en twee spesiale pryse ontvang. Meer as 530 projekte is vir […]

Lees meer.....

US maak Python kinderspeletjies

Die programmeringstaal Python was dié naweek letterlik én figuurlik kinderspeletjies toe meer as 80 leerders van 55 skole ʼn inleidende rekenaarprogrammeringskursus by die Universiteit Stellenbosch (US) bygewoon het. Leerders van so ver as Worcester, Hermanus en Vredenburg is touwys gemaak in die grondbeginsels van Python, en het die hulpbronne ontvang om voort te gaan om […]

Lees meer.....

Die Sentrum vir Voornemende Studente goed op dreef vir die 2015 diversiteitsteiken!

Die Sentrum vir Voornemende Studente (SVS) het oor die jare ’n aantal gefokusde werwingsaksies bekendgestel, spesifiek gemik daarop om die deelnamekoers van studente vanuit diverse agtergronde en kulture te verhoog. Die adviseurs van die SVS woon oueraande en loopbaanuitstallings in verskillende provinsies by en besoek ook jaarliks nagenoeg 250 tot 300 skole.Dit is met projekte soos hierdie waarmee die SVS bankvas staan en saam met die Universiteit hulself verbind om die kampus met 34% te diversifiseer teen 2015.

Lees meer.....