Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.




« Vorige Artikels    

Gesondheidswetenskappe

Nuwe gesondheidsorgopleidingsmodel om landelike gesondheidsopleiding en –diens te verbeter

‘n Nuwe vleuel vir die opleiding van studente in die gesondheidswetenskappe is Dinsdagaand (30 November)  by die Worcester Dagsorgkliniek geopen. Dit is die jongste projek deur die Universiteit Stellenbosch en die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap om die tekort aan professionele gesondheidsorgpraktisyns in landelike gebiede om te keer en om studente bloot te stel aan die […]

Lees meer.....

US-navorsers aan voorpunt van kanker-deurbraak

Navorsers by die Fakulteit Gesondheidswetenskappe staan aan die voorpunt van die eerste kliniese studie om nuwe tegnologie wat aangewend kan word vir die lokalisering van kankergewasse gedurende radioterapie te evalueer. Hierdie internasionale studie word gedoen in samewerking met Calypso Medical Technologies, Inc van Amerika. Die hoë standaarde en internasionale erkenning wat die Afdeling Pulmonologie, en […]

Lees meer.....

Uitstalling: Gesondheid en Gesondheidsorg

Die Kantoor van die Visedekaan: Gemeenskapsdiens en -interaksie, dr Therese Fish, nooi u vriendelik uit na ‘n uitstalling, ontwikkel deur die Adler Museum van Geneeskunde (by WITS), wat die wisselwerking tussen apartheid, gesondheid en gesondheidsorg verken. Die Rektor, prof Russel Botman sal die geleentheid met ‘n toespraak open, waarna dr Wendy Orr, ’n bekende menseregte […]

Lees meer.....

US ontvang $10 miljoen befondsing van VSA vir mediese onderrig en navorsingsopleiding

Mediese onderrig en navorsingsopleiding in Suid-Afrika het ‘n uitsonderlike befondsingstoekenning van $10 miljoen ontvang , toe die Universiteit Stellenbosch as deel van ‘n mulitmiljoen dollar projek van die VSA aangewys is. Die VSA-projek het ten doel om kapasiteitbou in die veld van mediese onderrig in sub-Sahara Afrika te bevorder. Die VSA se Department of Health […]

Lees meer.....

US anatomiese patoloog word vereer

Prof Colleen Wright, hoof van die Afdeling Anatomiese Patologie, Fakulteit Gesondheidswetenskappe, is onlangs vereer toe sy een van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) se Spesiale Mediesediens-toekennings ontvang het vir haar besondere bydrae tot die mediese professie in die veld van anatomiese patologie. Hierdie toekenning erken spesifiek die bydrae wat, tydens die tydsbestek wat die toekenning […]

Lees meer.....

Nuwe dekaan vir Gesondheidswetenskappe by US aangewys

Prof  Jimmy Volmink, ’n internasionaal-gerekende navorser in die gesondheidswetenskappe, is Maandag deur die Universiteitsraad as die nuwe dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe (FGW) van die Universiteit Stellenbosch (US) aangewys. Hy het in 2006 by die Fakulteit as Visedekaan: Navorsing aangesluit en neem amptelik op 1 Januarie 2011 die leisels by prof Wynand van der Merwe […]

Lees meer.....

Fakulteit Gesondheidswetenskappe bied 54ste Akademiese Jaardag aan

Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe sal vanjaar die 54ste Akademiese Jaardag op Woensdag en Donderdag 11 en 12 Augustus 2010 by Tygerbergkampus aanbied. Dit beloof om ‘n stimulerende program te wees en sal dien as toonvenster vir die nuutste navorsing deur studente en navorsers van die Tygerbergkampus. Die uitleg vir die Akademiese Jaardag is as volg: Woensdag 11 […]

Lees meer.....

Fakulteit Gesondheidswetenskappe student ontvang Abe Bailey Reisbeurs

Keeve de Villiers, ‘n 5de jaar MB.ChB-student en die Voorsitter van die Tygerberg Studenteraad (TSR), het onlangs ‘n besondere prestasie behaal toe hy, een van 18 persone van 22 universiteite landswyd,  ‘n Abe Bailey Reisbeurs ontvang het. Abe Bailey Reisbeurse word ook slegs aan een student per universiteit toegeken.  Beurse word toegeken aan persone wat […]

Lees meer.....