Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.




« Vorige Artikels    

HOOP Projek

Moenie ophou om MIV/vigs te beveg nie – boodskap by 6de Wêreldvigsdagkonsert

Dit was ‘n aand om die onbesonge helde in die stryd teen MIV/vigs te vereer – en dit is gedoen met musiek uit die boonste rakke. Die 6de Wêreldvigsdagkonsert, aangebied deur die Afrikasentrum vir MIV/vigsbestuur, is gisteraand in ‘n stampvol Artscape-teater in Kaapstad gehou. Die wêreldbekende groep, Ladysmith Black Mambazo, was van die kunstenaars wat […]

Lees meer.....

Nuwe gesondheidsorgopleidingsmodel om landelike gesondheidsopleiding en –diens te verbeter

‘n Nuwe vleuel vir die opleiding van studente in die gesondheidswetenskappe is Dinsdagaand (30 November)  by die Worcester Dagsorgkliniek geopen. Dit is die jongste projek deur die Universiteit Stellenbosch en die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap om die tekort aan professionele gesondheidsorgpraktisyns in landelike gebiede om te keer en om studente bloot te stel aan die […]

Lees meer.....

Ramp ons voorland as planeet nie minder hulpbronne gebruik nie, waarsku volhoubaarheidskundiges

Die belang van volhoubare ontwikkeling is beklemtoon by ‘n onthaal wat die Universiteit Stellenbosch (US) op Woensdagaand 24 November 2010 vir die Verenigde Nasies-omgewingsprogram (UNEP) se Internasionale Paneel oor Volhoubare Hulpbronbestuur aangebied het. “Ons gaan ‘n rampspoedige toekoms tegemoet as almal op aarde teen dieselfde tempo as die ontwikkelde wêreld hulpbronne gebruik. Europa, Amerika en Japan se […]

Lees meer.....

Verenigings van Afrika en Europese universiteite hoor van HOOP Projek

Afgevaardigdes van die 3de Afrika – EU Beraad se gekoppelde geleentheid, Nyerere: Ondersteuning van Akademiese Mobiliteit en die Hernuwing van Hoër Onderwys in Afrika is gisteraand (22 Nov. 2010) tydens ’n skemerkelkie by Wallenberg, Stellenbosch, aan die Universiteit Stellenbosch se ambisieuse HOOP Projek bekendgestel. Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier, het die geleentheid gebruik om […]

Lees meer.....

Navorsing, geskiedenis van Marioneiland en omstreke in nuwe boek saamgevat

 Die eerste lekkerlees koffietafelboek om die geskiedenis, natuurskoon en bewaringsaspekte van Suid-Afrika se mees suidelike grondgebied, Marioneiland en Prins Edwardeiland, uiters visueel saam te vat, is bekendgestel. Die176-blad boek, Marion and Prince Edward –Africa’s Southern Islands is geskryf en saamgestel deur navorsers verbonde aan die Sentrum vir Indringerbiologie (SIB) aan die Universiteit Stellenbosch en die […]

Lees meer.....

Pedagogieë van Hoop-kollokwium fokus op hoëronderwyse se bydrae tot openbare heil

‘n Kollokwium oor Pedagogieë van Hoop aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat die vraag, “Hoe dra hoëronderwys by tot die openbare welsyn?”,  ondersoek het, is Vrydag deur die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) se Wallenbergnavorsingsentrum aangebied. Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier, het aan die afgevaardigdes […]

Lees meer.....

Waagmoedige gesprekke in koshuise: kom gesels saam!

 Wonder u soms wat werklik in koshuise gebeur rondom gesprekvoering? Wonder u soms hoe waardegedrewe bestuur werklik in koshuise plaasvind? Die Sentrum vir Studentegemeenskappe bied twee gespreks-aande oor die opwindende gebeure in koshuise vir alle US-personeel aan. Dit vind plaas op 24 en 25 November, vanaf 19:00 – 20:30, in die Nerina dameskoshuis ontspanningsaal, ook bekend […]

Lees meer.....

Wet op inligting motivering agter die hersiening van Perskode

Die ANC-regering se wetsvoorstel vir die Beskerming van Inligting het redakteurs warm onder die kraag gelaat, maar dr Johan Retief, adjunk-ombudsman, sê daar is tog ruimte vir beter selfregulering. Retief het Maandag ’n groep studente, joernaliste en belangstellendes by die MEDIAFRIKA-sentrum van die Joernalistiekdepartement toegespreek oor die tekortkominge en voorstelle vir die hersiening van die […]

Lees meer.....