Prof Sandy Liebenberg se boek gaan “die hoof teks word waarop ons gaan staatmaak”
Prof Sandra Liebenberg se boek, Socio-Economic Rights – Adjudication under a Transformative Constitution (Juta & Co, 2010), is onlangs by die Centre for the Book in Kaapstad bekendgestel. Die bekendstelling is bygewoon deur ‘n verskeidenheid akademici, dekane van die drie regsfakulteite in die Wes-Kaap, voormalige regters van die Konstitusionele Hof, lede van die Kaapse regbank [...]
