Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.





Sentrum vir Indringerbiologie

Navorsing, geskiedenis van Marioneiland en omstreke in nuwe boek saamgevat

 Die eerste lekkerlees koffietafelboek om die geskiedenis, natuurskoon en bewaringsaspekte van Suid-Afrika se mees suidelike grondgebied, Marioneiland en Prins Edwardeiland, uiters visueel saam te vat, is bekendgestel. Die176-blad boek, Marion and Prince Edward –Africa’s Southern Islands is geskryf en saamgestel deur navorsers verbonde aan die Sentrum vir Indringerbiologie (SIB) aan die Universiteit Stellenbosch en die […]

Lees meer.....

Werkswinkel fokus op Australiese indringerspesies

Australiese akasia-spesies is die onderwerp van bespreking by ‘n uitgebreide werkswinkel wat hierdie week deur die DWT-NNS Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie (S·I·B) aan die Universiteit Stellenbosch aangebied word. Volgens werkswinkelorganiseerder prof Dave Richardson van die S·I·B val die fokus op die ekologie en bestuur van Australiese akasias wat buite hul natuurlike verspreidingsareas voorkom. Spesies […]

Lees meer.....

Waarheid oor bedreigde boksoort lê in sy genetika, waarsku US navorsers

Al lyk hulle op die oog af byna dieselfde, is ‘n groot groep swartwitpense wat in Wes-Zambië voorkom tot bewaringslui se teleurstelling nie lede van dieselfde subspesie as die krities bedreigde reuse-swartwitpens (“giant sable”) van Sentraal-Angola nie. Dit volg op genetiese navorsing aan die Universiteit Stellenbosch wat wys dat die krities bedreigde reuse-swartwitpens (“giant sable” […]

Lees meer.....

Tree nóú op om die aarde te red, sê US-kenner

Biodiversiteit in Suider-Afrika en elders word ernstig bedreig weens onbeteuelde menslike aktiwiteite, het ‘n leidende kenner op die gebied van indringerbiologie gewaarsku. “Klimaatsverandering is op ons. Daar is absoluut geen twyfel hieroor nie. Menslike aktiwiteite lei tot aardverwarming, en dít veroorsaak groot veranderinge, wat besig is om baie vinnig plaas te vind,” het prof Steven […]

Lees meer.....

Suider-Afrika se biodiversiteit het aansienlik verander, sê US-professor

Moet ons meer bekommerd wees as wat ons alreeds is oor die toestand van Suider-Afrika se natuurlike skoonheid? Ja, sê prof Steven Chown van die Universiteit Stellenbosch, wat kwessies rakende die omvattende en snelle verandering in biodiversiteit in die streek in ʼn openbare lesing op 15 September op Stellenbosch sal aanroer. Sy praatjie maak deel […]

Lees meer.....

SIB navorsers besig met argief oor Suid-Afrikaners in Antarktika en omstreke

Gesoek: die staaltjies, stories, skyfies, dagboeke en foto’s van wetenskaplikes, konstruksiewerkers, skeepslui, skrynwerkers, ingenieurs en medici, wat sedert die begin van die vorige eeu betrokke was by Suid-Afrika se navorsingsbasisse in Antarktika, Gough- en Marioneiland. Dit is die versoek van Dora Scott, ‘n navorser verbonde aan die DWT-NNS Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie aan die […]

Lees meer.....

Studente vertel leerders meer oor studies oor plante, diere

Verskeie studente van die Departement Plant- en Dierkunde en die DWT-NNS Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie by die Universiteit Stellenbosch het deelgeneem aan die aktiwiteite rondom Nasionale Wetenskapweek by die MTN Sciencentre. Die studente het as mentors opgetree tydens die “Speed date a role model” geleentheid by die Sciencentre, waartydens hulle ondervra is oor hul […]

Lees meer.....