Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.




« Vorige Artikels    

Korporatief & Alumni

Moenie ophou om MIV/vigs te beveg nie – boodskap by 6de Wêreldvigsdagkonsert

Dit was ‘n aand om die onbesonge helde in die stryd teen MIV/vigs te vereer – en dit is gedoen met musiek uit die boonste rakke. Die 6de Wêreldvigsdagkonsert, aangebied deur die Afrikasentrum vir MIV/vigsbestuur, is gisteraand in ‘n stampvol Artscape-teater in Kaapstad gehou. Die wêreldbekende groep, Ladysmith Black Mambazo, was van die kunstenaars wat […]

Lees meer.....

Nuwe gesondheidsorgopleidingsmodel om landelike gesondheidsopleiding en –diens te verbeter

‘n Nuwe vleuel vir die opleiding van studente in die gesondheidswetenskappe is Dinsdagaand (30 November)  by die Worcester Dagsorgkliniek geopen. Dit is die jongste projek deur die Universiteit Stellenbosch en die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap om die tekort aan professionele gesondheidsorgpraktisyns in landelike gebiede om te keer en om studente bloot te stel aan die […]

Lees meer.....

Wie is die innoverendste finalejaar Ingenieurstudent?

 Die Fakulteit Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch hou op Dinsdag 7 Desember 2010 sy jaarlikse M-Net Jac van der Merwe Kompetisie vir Innovasie. Finaliste van die Ingenieursdepartemente ding mee om die R15 000-prys wat gaan aan die finalejaarstudent met die innoverendste projek.  Alle belangstellendes is welkom om na die aanbiedings van die finaliste te kom […]

Lees meer.....

Publiek genooi na opedag van laserinstituut

Stel jy belang in tegnologie, lasers, wetenskap en fisika? Dan moet jy nie die Opedag van die Lasernavorsingsinstituut (LNI) aan die Universiteit Stellenbosch (US) op Dinsdag 30 November misloop nie. Aktiwiteite soos praktiese eksperimente deur nagraadse studente, laboratoriumtoere, gewilde lesings en laservertonings is als op die middag se program. Die geleentheid vind plaas van 14:00 […]

Lees meer.....

Ramp ons voorland as planeet nie minder hulpbronne gebruik nie, waarsku volhoubaarheidskundiges

Die belang van volhoubare ontwikkeling is beklemtoon by ‘n onthaal wat die Universiteit Stellenbosch (US) op Woensdagaand 24 November 2010 vir die Verenigde Nasies-omgewingsprogram (UNEP) se Internasionale Paneel oor Volhoubare Hulpbronbestuur aangebied het. “Ons gaan ‘n rampspoedige toekoms tegemoet as almal op aarde teen dieselfde tempo as die ontwikkelde wêreld hulpbronne gebruik. Europa, Amerika en Japan se […]

Lees meer.....

Verenigings van Afrika en Europese universiteite hoor van HOOP Projek

Afgevaardigdes van die 3de Afrika – EU Beraad se gekoppelde geleentheid, Nyerere: Ondersteuning van Akademiese Mobiliteit en die Hernuwing van Hoër Onderwys in Afrika is gisteraand (22 Nov. 2010) tydens ’n skemerkelkie by Wallenberg, Stellenbosch, aan die Universiteit Stellenbosch se ambisieuse HOOP Projek bekendgestel. Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier, het die geleentheid gebruik om […]

Lees meer.....

Navorsing, geskiedenis van Marioneiland en omstreke in nuwe boek saamgevat

 Die eerste lekkerlees koffietafelboek om die geskiedenis, natuurskoon en bewaringsaspekte van Suid-Afrika se mees suidelike grondgebied, Marioneiland en Prins Edwardeiland, uiters visueel saam te vat, is bekendgestel. Die176-blad boek, Marion and Prince Edward –Africa’s Southern Islands is geskryf en saamgestel deur navorsers verbonde aan die Sentrum vir Indringerbiologie (SIB) aan die Universiteit Stellenbosch en die […]

Lees meer.....

SA se wetenskappedekane byeen op Stellenbosch

Die Universiteit Stellenbosch (US) het Vrydag (19 November 2010) vir die eerste keer gasheer gespeel vir die Nasionale Forum van Natuurwetenskappe Dekane (ook bekend as die National Science Deans Forum of NSDF). Die Forum bespreek raakpunte binne opleidings- en navorsingsprogramme in die natuurwetenskappe aan Suider-Afrikaanse hoëronderwysinstelling. Die dekane van die verskillende Suid-Afrikaanse universiteite, asook van die […]

Lees meer.....