Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.




« Vorige Artikels    

Navorsing

Medalje vir jong indringerbioloog

Ethel Phiri is die Universiteit Stellenbosch se ontvanger van die S2A3-medalje wat deur die Suid-Afrikaanse Vereniging vir die Bevordering van Wetenskap toegeken word vir oorspronklike navorsing op meestersvlak in ʼn wetenskaplike dissipline. Sy het navorsing oor indringerspesies op Marioneiland gedoen.

Lees meer.....

Aansoeke vir UMAPS ingewag

University of Michigan African Presidential Scholars Program (UMAPS)
Die program is aangebied deur die African Studies Center by die Universiteit van Michigan en bied intree- to middelberoep akademici (minder as 10 jaar onderwysrvaring) van Ghana, Liberia en Suid Afrika die geleentheid om saam met kollegas en studente van die Universiteit van Michigan te werk  vir ‘n [...]

Lees meer.....

Nobelpryswenner Sydney Brenner gee lesing by STIAS

Die Nobelpryswenner Sydney Brenner en ontvanger van ‘n eredoktorsgraad van Stellenbosch Universiteit by volgende week se Maart-gradeplegtigheid, bied ’n STIAS lesing met die onderwerp Reading the Human Genome: the reconstruction of the past aan.
Datum: Donderdag 11 Maart 2010
Tyd: 17h00
Plek: Wallenberg Navorsingsentrum by STIAS
Vir meer inligting kontak prof Jannie Hofmeyr  by 021 808 5842 of 021 808 2704.

Lees meer.....

Elektroniese toegang tot ingenieursbron nou by Biblioteek beskikbaar

Elektroniese toegang tot ingenieursbron, IEEE/IET Elektroniese Biblioteek (IEL), nou beskikbaar deur Biblioteek- en Inligtingsdienswebwerf
 Die Biblioteek- en Inligtingsdiens kondig graag aan dat hy nou toegang verleen tot een van die ingenieursbedryf se kragtigste hulpbronne – IEEE/IET Elektroniese Biblioteek (IEL).
 Die IEEE/IET Elektroniese Biblioteek (IEL) verleen toegang tot amper ’n derde van die wêreld se lopende literatuur op [...]

Lees meer.....

Beurse vir studie in Sjina 2010

Die Sjinese Department van Opvoedkunde beoog om aan drie Universiteit Stellenbosch-studente beurse toe te ken om in Sjina te studeer. Die Sentrum vir Sjinese Studies, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Department van Hoër Onderwys en Opleiding, bemark hierdie geleentheid met die oog om kandidate te identifiseer.
Vir meer informasie en hoe om aansoek te doen besoek [...]

Lees meer.....

Dr Marc van Regenmortel begin die STIAS 2010 Lesingreeks

Die STIAS 2010 Lesingreeks skop af met Prof Marc van Regenmortel, CNRS, Strasbourg wat praat oor “Darwin and the Species Problem” (23 Feb, 13h00) en “Are viruses alive? A contemporary debate” (25 Feb, 13h00) in die hooflesingsaal van die Visuele Kunstegebou in Victoriastraat. Almal welkom.

Lees meer.....

Gesoek: MSc-student in Virologie

Daar is ‘n opening beskikbaar vir ‘n student wat belangstel om sy/haar MSc in Geneeskundige Virologie (Tygerbergkampus) te doen en sodoende ‘n geleentheid te kry om deel te vorm van ‘n studie wat internasionaal befonds word. 
Die studie kyk na die oordrag van moeder na kind in vroue wat met hepatitis B en MIV infekteer is.  Kontak asb. [...]

Lees meer.....

Minister Naledi Pandor besoek STIAS

Die Minister van Wetenskap en Tegnologie, me Naledi Pandor, en senior verteenwoordigers van haar kantoor en die Departement Wetenskap en Tegnologie het, het verlede Vrydag ’n besoek gebring aan STIAS waar hulle met prof Hendrik Geyer (STIAS Direkteur), lede van die STIAS Navorsingsprogramkomitee en die huidige groep STIAS navorsingsgenote gesprek gevoer het.
Die besoek het gevolg [...]

Lees meer.....