Die Raad van die Universiteit Stellenbosch het by sy vergadering van 29 November 2010 die volgende sake hanteer: 1. Verstryking van die Rektor se dienstermyn Die Rektor se dienstermyn verstryk in Januarie 2012. Kragtens die US se Reglement insake Prosedure by die Aanstelling van ‘n Rektor en Viserektore moet die proses vir die aanstelling van [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: December 1, 2010 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Personeel |
Die Universiteit se nuusareas spog eersdaags met ʼn ander gesig! ’n Nuwe, verbeterde ontwerp sal binne die volgende paar dae die huidige stelsel vervang. Van die nuwe veranderinge sluit in ’n meer gebruikersvriendelike stelsel waar die oplaai van artikels aansienlik vereenvoudig is. Jy kan byvoorbeeld nou jou bydraes in beide tale op een blad oplaai! Die [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: December 1, 2010 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Algemeen, Personeel |
Victoriastraat sal op Donderdag 2 Desember vanaf ongeveer 07:30 tot 20:00 vir verkeer gesluit wees. ‘n Advertensie vir Ford word deur ‘n internasionale maatskappy hier geskiet en sal die grootste gedeelte van Victoriastraat vir verkeer gesluit wees. Verkeersbeamptes sal aan diens wees om met die verkeervloei te help. Toegang tot huise en besighede in Victoriastraat [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 30, 2010 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Personeel, Studente |
Vir die oordra van of skep van nuwe Webstudies modules vir 2011, voltooi asseblief die vorm by http://www.sun.ac.za/webstudies/rollover. Groete Webstudiesspan
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 30, 2010 |Marinda | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Akademies, Algemeen, Personeel |
Die Fakulteit Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch hou op Dinsdag 7 Desember 2010 sy jaarlikse M-Net Jac van der Merwe Kompetisie vir Innovasie. Finaliste van die Ingenieursdepartemente ding mee om die R15 000-prys wat gaan aan die finalejaarstudent met die innoverendste projek. Alle belangstellendes is welkom om na die aanbiedings van die finaliste te kom [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 29, 2010 |lkoch | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Akademies, Algemeen, Ingenieurswese, Kennisgewings, Korporatief & Alumni, Personeel, Studente |
Stel jy belang in tegnologie, lasers, wetenskap en fisika? Dan moet jy nie die Opedag van die Lasernavorsingsinstituut (LNI) aan die Universiteit Stellenbosch (US) op Dinsdag 30 November misloop nie. Aktiwiteite soos praktiese eksperimente deur nagraadse studente, laboratoriumtoere, gewilde lesings en laservertonings is als op die middag se program. Die geleentheid vind plaas van 14:00 [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 26, 2010 |science | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Gemeenskapsinteraksie, Korporatief & Alumni, Lesings, Natuurwetenskappe, Personeel, Persverklarings, Studente |
Die personeel van Fasiliteitsbestuur se jaareindfunksie vind plaas op Vrydag 10 Desember 2010. Personeel sal dus vanaf 11:30 nie in hul kantore beskikbaar wees nie. Bystandpersoneel sal egter vir noodgevalle en dringende versoeke beskikbaar wees. Vir dringende versoeke kontak ons Hulptoonbank: 021 808 4666 Vir noodgevalle kontak: 021 808 2330
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 24, 2010 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Personeel |
Maties Sport hou op Donderdag 25 November 2010 hulle jaareindfunksie en sal derhalwe vanaf 12:00 vir die res van die dag gesluit wees.
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 24, 2010 |aliciah | Comments Off
Geplaas in: Personeel |