Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.




Nuutste Artikels » « Vorige Artikels    

Personeel

Nuwe Rektorstoekennings vereer 540 US-personeellede vir voortreflike diens aan Universiteit

Sowat 540 US-werknemers is Dinsdagaand vir hul uitsonderlike bydrae tot die sukses van die Universiteit met vanjaar se Rektorstoekennings vereer. Die Rektorstoekennings, wat in die verlede vir onderskeidelik navorsing, onderrig, gemeenskapsinteraksie en dienslewering toegeken is, het vanjaar ’n nuwe baadjie aangetrek nadat die Universiteit se prestasiebestuurstelsel hersien is. Volgens prof Russel Botman, was die vorige [...]

Lees meer.....

Wapenvrye kampusse bevorder veiligheid

Die Universiteit Stellenbosch se volgehoue strewe na kampusveiligheid sluit nou ook riglyne in om wapenvrye US-kampusse vir personeel, studente en besoekers te verseker. Die riglyne – spesifiek vir die Stellenbosch-, Tygerberg- en Bellvillepark- kampusse – beheer die dra, vertoon, versteek, berg of gebruik van gevaarlike wapens op Universiteitseiendom en in voertuie. Dit sluit vuurwapens in [...]

Lees meer.....

Voertuigtender: Donderdag 25 November 2010

Voertuie kan op  DONDERDAG 25 November 2010 vanaf  08h30 by die voertuigpark te Banghoekweg besigtig word. Tendervorms moet voor 16h00 op 25 November 2010 in verseëlde koeverte,gemerk tender 25 \ 11 \ 2010 by gemelde adres ingelewer word.  Vir ‘n lys van die voertuie:  kliek hier  Kommersiële Dienste: L Langford: 021 808-4675 of Pieter Wever: [...]

Lees meer.....

Verenigings van Afrika en Europese universiteite hoor van HOOP Projek

Afgevaardigdes van die 3de Afrika – EU Beraad se gekoppelde geleentheid, Nyerere: Ondersteuning van Akademiese Mobiliteit en die Hernuwing van Hoër Onderwys in Afrika is gisteraand (22 Nov. 2010) tydens ’n skemerkelkie by Wallenberg, Stellenbosch, aan die Universiteit Stellenbosch se ambisieuse HOOP Projek bekendgestel. Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier, het die geleentheid gebruik om [...]

Lees meer.....

Erasmus Mundus Studiebeurse: Sluitingsdatum naby!

Studente en personeellede van die US word d.m.v. drie Erasmus Mundus Action 2-programme die geleentheid gebied om  by hoog aangeskrewe Europese universiteite te studeer, navorsing te doen, opleiding te ontvang en te doseer. ‘n Suid-Afrikaanse burger wat in 2011 ‘n geregistreerde nagraadse student of personeellid gaan wees mag aansoek doen. Studente wat tans hul voorgraadse studies [...]

Lees meer.....

Pedagogieë van Hoop-kollokwium fokus op hoëronderwyse se bydrae tot openbare heil

‘n Kollokwium oor Pedagogieë van Hoop aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat die vraag, “Hoe dra hoëronderwys by tot die openbare welsyn?”,  ondersoek het, is Vrydag deur die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) se Wallenbergnavorsingsentrum aangebied. Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier, het aan die afgevaardigdes [...]

Lees meer.....

Registreer by die DAAD se Research Internships in Science and Engineering-program

Navorsers in ingenieurswese, natuurwetenskappe en verwante velde, insluitend aardwetenskappe, kan aanlyn registreer om aan die DAAD se RISE Worldwide-program deel te neem [www.daad.de/rise-weltweit/en/]. Die program bied aan Duitse voorgraadse studente met uitstekende akademiese prestasie in bogenoemde velde die geleentheid om ‘n praktiese navorsingsinternskap te voltooi ten einde ervaring in hul veld op te doen in [...]

Lees meer.....

Uitnodiging: 2010 STIAS Lesingsreek

U word hiermee vriendelik uitgenooi na ’n Oxford video opname van ‘n debat oor evolusie wat by die Balliol Kollege gehou is. Prof Lynn Margulis (STIAS-genoot) sal die video inlei. HOMAGE TO DARWIN A debate on Evolution at Balliol College Introduced by STIAS FELLOW, Professor Lynn Margulis Voices from Oxford Video Part 1 & 2 Datum: [...]

Lees meer.....