Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.




« Vorige Artikels    

Sport

Klub vir Oud-SR-voorsitters vereer rugbylegendes

 Die Klub vir Oud-Studenteraadsvoorsitters het Donderdag (11 November) twee Suid-Afrikaanse rugbylegendes met sy jaarlikse ere-penning vereer. Dawie de Villiers en Morné du Plessis, beide voormalige Matiespelers wat ook die Springbokke aangevoer het, het die toekennings tydens die Klub se 27ste Jaarvergadering wat by die Wallenberg Navorsingsentrum gehou is, ontvang. Die toekenning word gemaak aan oud-studente […]

Lees meer.....

US Sportburo kry nuwe naam

Die Rektor se Bestuurspan (RBS) het onlangs die groenlig gegee vir die naamsvandering van die US se Sportburo. Vanaf 1 November staan die Sportburo nou as Maties Sport bekend. Die redes vir hierdie besluit is soos volg: • Die uitbou en versterking van die Maties handelsmerk binne die sportomgewing • Die voorgestelde naamsverandering word reeds […]

Lees meer.....

Sluitingsdatum vir SUSPI se 2010 Somersport Jeugkamp Kom Nader

Die inskrywings vir die Stellenbosch Universiteit Sport Prestasie Instituut (SUSPI) se 2010 Somersport Jeugkamp sluit op 5 November 2010. Besoek gerus www.suspi.co.za/summersport om elektronies in te skryf. Basiese Kampinligting: * Kamp word aangebied vanaf 13 – 15 Desember 2010 * ‘n Driedag-pakket teen R375 per deelnemer is beskikbaar (insluitend ‘n kamp T-hemp). * ‘n 10% […]

Lees meer.....

SUSPI Betrokke by Banyana Banyana se Voorbereiding

Die Stellenbosch Universiteit Sport Prestasie Instituut (SUSPI) het onlangs ‘n oefenkamp vir “Banyana Banyana” – Suid-Afrika se nasionale vrouesokkerspan – aangebied ter voorbereiding vir die komende 2010 Afrika Vrouesokker Kampioenskappe wat aan die einde van Oktober in Gauteng afskop. Die Universiteit se sportkampus het as basis vir die oefenkamp gedien, en ‘n wye verskeidenheid van […]

Lees meer.....

Matie-swemmer wen silwer by Statebondspele

Die Matie swemmer, Heerden Herman, ‘n BComm (Aktuariële Wetenskappe)-student, het oor die naweek ‘n silwer medalje in die 1500m vryslag in Delhi, waar die Statebondspele gehou word, verower.  Dié item is deur die Kanadees, Ryan Cochrane, gewen. Herman het die tweede plek oortuigend behaal met bykans 10 sek tussen hom en Daniel Fogg van Engeland, […]

Lees meer.....

Elektroniese inskrywings nou oop vir 2010 SUSPI Somersport Jeugkamp

Die Stellenbosch Universiteit Sport Prestasie Instituut (SUSPI) bied weer vanaf 13 – 15 Desember 2010 ‘n Somersport Jeugkamp aan. Elektroniese inskrywings is nou oop. Besoek gerus www.suspi.co.za/summersport om elektronies in te skryf. Basiese Kampinligting: ‘n driedag-pakket teen R375 per deelnemer is beskikbaar (insluitend ‘n kamp T-hemp). ‘n 10%-korting word toegestaan aan elke bykomende lid van […]

Lees meer.....

Maties oor tweede hekkie in Klubkampioenskappe

Die Maties van die Universiteit Stellenbosch (US) het vroeër vandag tot die semi-finaal van die jaarlikse Nasionale Klubkampioenskappe gevorder deur ’n omgesukkelde Springs, klubkampioene van die Valke, met 49-27 te klop. Maklik was dit egter nie met ’n rustydtelling wat gemaak het dat enige span nog koning sou kon kraai. In ’n wedstryd wat mens […]

Lees meer.....