Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.




« Vorige Artikels    

Studente

Maties Sokkerspan as TB-ambassadeurs aangewys

Die Maties se Eerste Sokkerspan is Maandag (15 Maart) tydens ’n tuberkulose (TB) bewusmakingsgeleentheid by die Hoërskool Kayamandi in Stellenbosch as spesiale TB-Ambassadeurs in die Sokkerwêreldbeker-jaar, vir spesifiek Kayamandi, maar ook verder in die Wes-Kaap, aangewys. Die Desmond Tutu TB-sentrum, gesetel in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe van die Universiteit Stellenbosch (US) was ‘n mede-fasiliteerder van die geleentheid [...]

Lees meer.....

US-personeellid weer vir inisiatiewe rondom energiebesparing benoem

Die inisiatief waarmee Lydia Willems, inwonende hoof van die Universiteit Stellenbosch se dameskoshuis Lydia te werk gaan om haar koshuis energiedoeltreffend te bestuur, het aan haar ‘n benoeming in die Africa Energy-toekennings besorg. Die plegtigheid is Woensdagaand.

Lees meer.....

Top US-eerstejaarstudente en hul dosente vereer by jaarlikse Prestige-aand

Die studente wat vanjaar tydens die jaarlikse Eerstejaarsakademie Prestige-aand vereer is vir hul voortreflike akademiese prestasies het ’n verantwoordelikheid om hul talente en kennis te gebruik om die akademiese beeld van die universiteit uit te brei en ook om tot die ontwikkeling van Suid-Afrika by te dra.
Dit was die boodskap van Prof Russel Botman, Rektor [...]

Lees meer.....

Virtuele leerervaring vir jong aspirantrekenaarprogrammeerders

Leerders van nege Kaapse en Bolandse skole het onlangs ʼn eerste kennismaking met rekenaarprogrammering gehad toe hulle ʼn oriënteringskursus van drie dae bygewoon het. Die naweekkursus is by die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied, met van die dosente in Kaapstad wie se lesing via die internet aangebied is.

Lees meer.....

Ons is almal aan mekaar verbind, hoor graduandi by derde Maart Gradeplegtigheid

“Gradedag is nie net ’n spesiale oomblik in jou lewe nie, maar ook ’n goeie tyd om bestekopname van jou lewe te neem. Die groot vraag is egter, wie is jy?”
Prof Nina Jablonski, ’n wêreldbekende antropoloog en mede-ontvanger van ’n ere-doktoraat van die Universiteit Stellenbosch (US) tydens die derde Maart Gradeplegtigheid van die Universiteit op [...]

Lees meer.....

Eregraadontvanger bied lesing oor velkleur by STIAS aan

Die wêreldbekende antropoloog en paleontoloog, prof Nina Jablonski het Dinsdagaand (9 Maart) ‘n lesing by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) aangebied. Die lesing “Why human skin comes in colours”, is deur die African Genome Education Institute aangebied. Die Universiteit Stellenbosch ken ‘n ere-doktoraat aan prof Jablonski toe tydens sy Gradeplegtigheid van 10 Maart 2010. 

Luister [...]

Lees meer.....

Graduandi moet werk om toekoms te skep

“Die toekoms behoort aan julle, nie net as diegene wat daarby gaan baat nie, maar ook as die mense wat vorm aan die toekoms gaan gee en daartoe gaan bydra.”
Dit was die woorde van prof Bongani Khumalo, Voorsitter en Hoof- Uitvoerende Beampte van die operateur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Lotery, Gidani (Edms) Beperk, aan graduandi [...]

Lees meer.....

Slegs 5 dae oor van die ‘Grow Up and Get Tested’ veldtog

Ons is in die laaste week wat vrywillige MIV-toetsing tydens die jaarlikse veldtog beskikbaar is. Tot dusver het meer as 1 000 Maties al gegaan vir hul MIV toets. Ons raai u aan om so spoedig moontlik te gaan vir jou gratis MIV toets.
Discovery Vitality-lede kan 5 000 punte kry indien hulle by een van [...]

Lees meer.....