Nuus

Poste vir studente by die nuwe Navorsingsentrum, JS Gericke Biblioteek
Die Biblioteek- en Inligtingsdiens nooi hiermee senior studente (besig met magister of doktorale studie), met ’n sterk belangstelling in navorsing, om aansoek te doen vir poste as studente-assistente in die Navorsingsentrum. Van suksesvolle kandidate sal verwag word om nagraadse studente in die Sentrum by te staan met algemene navorsingsondersteuning, bibliografiese navrae en ander aktiwiteite.

Die Navorsingsentrum, ’n hoë-vlak navorsingsomgewing vir eksklusiewe gebruik deur magister en doktorale studente en navorsers, is ’n  nuwe fasiliteit in die JS Gericke Biblioteek. Die hoofdoel van die Sentrum is om die Biblioteek se steun vir nagraadse studie en navorsing te verbeter deur ’n bevorderlike omgewing vir navorsing te verskaf. In die Sentrum kan navorsers in seminaarkamers en gesprekslokale gesprek voer en debateer, in die gemaklike sitarea ontspan of in selfstudie verdiep.

Vereistes:

Voltydse meesters of doktorale student

Uitstekende rekenaarvaardigheid

Uitstekende interpersoonlike vaardighede en diensingesteldheid

Kennis van die gerekenariseerde biblioteekkatalogus en ander elektroniese databasisse soos MS Office (Word en Excel) en die Internet

Beskikbaar om ongeveer 15-20 uur (3 skofte) per week te werk

Beskikbaar om die verpligte opleidingsprogram op 17, 18 en 19 Januarie 2011 te deurloop

Dienstermyn: 01/02/2011 tot 23/12/2011

Vergoeding: R33.01 per uur

Aansoeke:  Kandidate moet asseblief ’n CV en dekbrief, waarin die kandidaat sy/haar geskiktheid vir die pos beklemtoon, besorg aan Me Marié Roux, JS Gericke Biblioteek, Privaatsak X5036, Stellenbosch, 7599 of stuur dit per e-pos aan  mr@sun.ac.za. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Desember 2010.

Navrae: 021 808 2623

Prof Peter Donald word internasionaal vereer
Prof Peter Donald, Emeritus Professor in die Department Pediatrie en Kindergesondheid, Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US), het onlangs die Internasionale Unie teen Tuberkulose en Longsiektes se hoogste eer ontvang.

Die Unie-medalje is aan hom  by die 2010 Algemene Vergadering in Berlyn, Duitsland toegeken.

Die unie ken dié medalje toe aan persone wat uitsonderlike bydraes tot tuberkulose en nie-tuberkulose longsiektes gelewer het. Prof Donald het erkenning ontvang vir sy bydraes tot kinderlonggesondheid en veral kindertuberkulose. Lees meer…

Moenie ophou om MIV/vigs te beveg nie – boodskap by 6de Wêreldvigsdagkonsert
Dit was ‘n aand om die onbesonge helde in die stryd teen MIV/vigs te vereer – en dit is gedoen met musiek uit die boonste rakke.

Die 6de Wêreldvigsdagkonsert, aangebied deur die Afrikasentrum vir MIV/vigsbestuur, is gisteraand in ‘n stampvol Artscape-teater in Kaapstad gehou. Die wêreldbekende groep, Ladysmith Black Mambazo, was van die kunstenaars wat opgetree het.

Prof Jan du Toit, Direkteur van die Sentrum, het gesê die grootste rede vir die vigs-pandemie wêreldwyd is die stilte wat rondom dit heers. Hy het mense aangemoedig om die stryd teen MIV/vigs voort te sit en hulself met kennis te bewapen om die boodskap van bekamping en voorkoming die wêreld in te stuur.

Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, het kortliks gepraat oor die HOOP Projek, waarvan die Afrikasentrum deel is, en het gesê dit is die Universiteit se manier om ‘n verskil te maak waar dit die nodigste is en van die samelewing se grootste uitdagings aan te pak deur die beste wetenskap daarop toe te spits.

Hy het bygevoeg dat die US baie maniere inspan om die stryd teen MIV/vigs te beveg en het ook gesê almal van ons moet ‘n verskil maak – nie net op geleenthede soos Wêreldvigsdag nie, maar elke dag.

Hierna het die konsert in alle erns begin. Ladysmith Black Mambazo het gewys waarom hulle wêreldwyd beroemd is en die nuweling, Kaylim Davids (14), het die gehoor in vervoering gehad met die groot stem wat uit dié jong seun gekom het. Sharon Kips, Rouchelle Liedeman, die Nuwe Apostoliese Simfonie Orkes en Koor asook prof Jimmie Earl Perry (verbonde aan die Afrikasentrum) het die gehoor gaande gehad met hul opvoerings.

Soos vantevore was die nimlike Soli Philander die seremoniemeester en het hy die gehoor gereeld laat skater met sy kwinkslae en spitsvondighede.

Onderskrif 1: Kaylim Davids (14) het die gehoor in vervoering gehad met sy optrede.

Onderskrif 2: Ladysmith Black Mambazo het weereens bewys waarom hulle regoor die wêreld bekend is. (Foto’s verskaf)

* English to follow*

Kommunikasie uit die Raad
Die Raad van die Universiteit Stellenbosch het by sy vergadering van 29 November 2010 die volgende sake hanteer:

1. Verstryking van die Rektor se dienstermyn

Die Rektor se dienstermyn verstryk in Januarie 2012. Kragtens die US se Reglement insake Prosedure by die Aanstelling van ‘n Rektor en Viserektore moet die proses vir die aanstelling van ‘n nuwe rektor of viserektor deur ‘n Raadsbesluit geïnisieer word, ten minste 12 maande voordat die huidige posbekleër se kontrak tot einde kom. Ná oorweging van die Rektor se prestasiebeoordeling die afgelope vier jaar asook sy visie vir die US vir ‘n volgende termyn, het die Raad besluit om die aanstelling van die Rektor vir nog ‘n termyn via die verkorte prosedure aan die Senaat en Institusionele Forum (IF) aan te beveel. Daarvolgens sal die posbekleër se naam met uitgebreide CV en verslag van resultate behaal eers aan die Senaat en die IF en dan aan die Raad voorgelê word vir stemming.

2. Begroting 2011 en verdere finansiële beplanning vir 2012 – 2016

Die Raad het met inagneming van die heersende moeilike ekonomiese klimaat in die land, die gekonsolideerde 2011-begroting goedgekeur onderworpe aan die finale bevestiging van die Staatsubsidie wat die US in 2011 sal ontvang. Die 2011-begroting maak onder meer voorsiening vir:

• ‘n Gemiddelde salarisaanpassing van 7,5%;

• Verhoging van studiegelde met 11% ooreenkomstig dienste wat aan studente gelewer sal word;

• Verhogings van 14% aan koshuisgelde om bepaalde agterstande uit te wis.

• Die volhoubare inbou van prestasiebeloning (vir die eerste keer) sonder om die vergoedingsrekening daardeur te verhoog. ‘n Bedrag van R10,8 miljoen is daarvoor begroot.

• Universiteitswye afskaling van kruissubsidiëring en spesifiek vir die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is dit met R10 miljoen verminder.

(‘n Vollediger berig oor die US se 2011-begroting verskyn in die volgende uitgawe van Kampusnuus wat volgende week verskyn.)

3. Beleide vir die hantering van Plagiaat, Intellektuele Eiendom en Geïntegreerde Bestuur van Volhoubaarheid

Die Raad het die vermelde beleide aanvaar onderworpe aan die inkorporering van bepaalde voorstelle deur die Raad en redaksionele wysigings en duideliker omskrywing van enkele klousules.

4. Strategiese oprattingsgeleenthede

(a) Fondse vir die inhaal van hoë risiko instandhoudingsagterstande op die Tygerbergkampus.

In die afgelope jaar het die Universiteitsbestuur reeds R20 miljoen toegewys vir die opgradering van die Tygerbergkampus, maar om die grootste risiko’s (in terme van veiligheid, gesondheid en diensonderbreking) aan te spreek, het die Raad toestemming verleen dat R85 miljoen van fondse waaroor hy diskresie het, aangewend word om die noodsaaklike instandhouding op die Tygerbergkampus te doen.

(b) Befondsing vir Taalplanne

Die Raad het kennis geneem dat indien daar na 2012 uitbreidings bo en behalwe die huidige taalbestuursmodel sal wees, die uitbreidings nie meer volhoubaar uit die Hoofbegroting bekostig sal kan word nie, en dat oorbruggingsfondse dan benodig sal word.

5. Rektor se bestuursverslag

Die Rektor het onder meer oor die volgende sake gerapporteer:

(i) Effektiwiteit en produktiwiteit van die US

Deur die gebruik van ‘n seleksie van Strategiese Bestuursaanwysers (SBA’s) het die Rektor in sy verslag aan die Raad getoon hoe die Universiteit oor die tydperk 2005 tot 2009 groter sukses behaal het op die terreine van navorsing, personeel- en studentesukses asook finansiële sukses. Hy het onder meer aangetoon dat die publikasie-eenhede per akademikus, die aantal NNS-geëvalueerde akademiese personeel, die sukseskoerse van voorgraadse studente en die inkomste uit derde geldstroom konstant opwaartse tendense toon – aanduiers dat die effektiwiteit en produktiwiteit aan die US in die afgelope vyf jaar skerp toegeneem het.

(ii) Die Hoop Projek se akademiese impak

Deur die geïntegreerde inisiatiewe van die HOOP Projek het die US in die afgelope twee jaar beduidende groei in nagraadse studie (op M- en D-vlak) asook ‘n betekenisvolle toename in publikasie-uitsette beleef.

(iii) Werwingsbeursprojek

Daar is 541 beursaanbiedinge aan voornemende studente vir 2011 gemaak. ‘n Totaal van 491 kandidate het reeds aanvaar met die oorwig aan studente uit voorheen benadeelde skole.

(iv) Verhouding van studentegelde teenoor beurstoekennings

In terme van beurstoekennings (bekostig uit beide US en eksterne fondse) as ‘n persentasie van inkomste is die US se 50.5% toedeling aan beurse van die hoogste in die land. [Vergeleke met UK (30,88%), Noordwes (49,85%), Pretoria (33,23%) en Wits (14,44%)].

(v) Aankoop van woonstelblok in Idasvallei vir studentehuisvesting

Die US het Botmashoogte, ‘n woonstelblok in Idasvallei, aangekoop om die behuisingsnood onder studente te probeer verlig. Die gebou bestaan uit 29 woonstelle en is op die hoofverkeersroete na die sentrale dorpsgebied en die hoofkampus geleë.

6. Die volgende Raadsvergadering is geskeduleer vir 18 April 2011.

Nuusareas kry eersdaags nuwe ‘gesig’
Die Universiteit se nuusareas spog eersdaags met  ŉ ander gesig! ’n Nuwe, verbeterde ontwerp sal binne die volgende paar dae die huidige stelsel vervang.

Van die nuwe veranderinge sluit in ’n meer gebruikersvriendelike stelsel waar die oplaai van artikels aansienlik vereenvoudig is. Jy kan byvoorbeeld nou jou bydraes in beide tale op een blad oplaai!

Die aparte Afrikaans en Engelse nuusareas is ook nou saamgevoeg en dus kan jy beide tale op een blad sien.

Dié veranderinge sal na verwagting teen Maandag (6 Desember 2010) in werking tree.

Nuwe gesondheidsorgopleidingsmodel om landelike gesondheidsopleiding en –diens te verbeter
‘n Nuwe vleuel vir die opleiding van studente in die gesondheidswetenskappe is Dinsdagaand (30 November)  by die Worcester Dagsorgkliniek geopen. Dit is die jongste projek deur die Universiteit Stellenbosch en die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap om die tekort aan professionele gesondheidsorgpraktisyns in landelike gebiede om te keer en om studente bloot te stel aan die gesondheidsbehoeftes van gemeenskappe wat op die platteland woon.

Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier van die Universiteit het die fasiliteit aan dr Joey Cupido, Adjunk Direkteur-Generaal: Distriksgesondheidsdienste en Gesondheidsprogramme van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid, oorhandig. Prof Botman het beklemtoon dat die langtermyn-doelwit ŉ omvattende landelike ontwikkelingsplatform is. “Ons slaan dus hier behoorlik ŉ slag vir landelike gebiede – spesifiek vir gesondheidsorg in dié stadium. Ek meen die impak hiervan gaan regdeur ons land en die res van Afrika uitkring.” het hy gesê.

Die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Gesondheidswetenskappe (FGW) het in 2001 die Ukwanda Sentrum vir Landelike Gesondheid in die Boland- en Overbergstreek tot stand gebring. Prof Wynand van der Merwe, dekaan van die FGW, het by die geleentheid genoem dat 64% van die bevolking in landelike omgewings woon en slegs 20% mediese dokters op die platteland praktiseer. Die FGW se kollektiewe intensie met hierdie projek is om ander fakulteite ook te betrek met die doelwit om volhoubare ontwikkeling te bevorder,” het Van der Merwe gesê.

Die eerste groep van nege studente-vrywilligers sal in 2011 hul finale jaar van opleiding aan die Ukwanda Landelike Kliniese Skool onder die toesig van spesialiste in primêre gesondheidsorg voltooi. Die Universiteit hoop om vanaf 2012 jaarliks 30 studente in hul finale jaar in landelike gebiede op te lei. Dit sal die eerste keer wees dat Suid-Afrikaanse mediese studente hul finale jaar van opleiding uitsluitlik in ‘n landelike gesondheidsomgewing sal ontvang.

Die hoof-opleidingsentrum van die Ukwanda Sentrum vir Landelike Gesondheid is tans in Worcester geleë, met soortgelyke sentrums in nege dorpe regoor die Wes-Kaap en een in Madwaleni in die Oos-Kaap. Prof Hoffie Conradie, Direkteur van Ukwanda, is van mening dat die uitbreiding van die FGW-US se gesondheidsopleiding ‘n wen-wen situasie vir alle rolspelers is – die studente doen waardevolle, eerstehandse ondervinding op, terwyl die gemeenskap voordeel put uit ‘n toename in die beskikbaarheid van gesondheidsorgpraktisyns.

Volgens Conradie, “het internasionale navorsing getoon dat studente wat in landelike omgewings grootword, en vandaar gewerf word, meer geneë is om terug te keer na hulle wortels wanneer hulle begin praktiseer”. As ‘n kenner van landelike gesondheidsorg, het prof Conradie onlangs vyf weke in Australië deurgebring om die landelike kliniese skole van Fliners en Monash Universiteite te bestudeer. Al twaalf mediese skole in Australië het landelike skole (sewentien in totaal), wat grootliks bygedra het tot die bevordering van landelike gesondheidsorg in Australië.

Die nuwe vleuel, wat as die Ukwanda Studenteleersentrum bekend staan, sal dien as basis vir studente in gesondheidswetenskappe se kliniese opleiding en ondervinding in ŉ landelike omgewing. Die studente werk onder toesig van opgeleide en ervare spesialiste in die gesondheidswetenskappe. Die vleuel is ontwerp sodat opgeleide dokters konsultasies met hul eie pasiënte kan afwissel met toesig oor studentekonsultasies, sonder om die aantal pasiënte wat daagliks behandel kan word te verminder.

Voortvloeiend uit die sukses van die Ukwanda Sentrum vir Landelike Gesondheid, sal die nuwe opleidingsvleuel gevolg word deur die oprigting van die vlagskip Ukwanda Landelike Kliniese Skool, wat deel vorm van die US se strategiese HOOP Projek – ŉ ambisieuse inisiatief wat daarop gerig is om die universiteit se akademiese en navorsingskundigheid tot diens van die samelewing te stel.

Prof Botman het verduidelik dat Projek Hoop die universiteit se manier is om “onsself te posisioneer om tot groter diens tot die gemeenskap te wees. Ons pas ons sterkpunte as instansie – toonaangewende navorsing, uitstekende onderwys en onderrig en deursigtige gemeenskapsinteraksie, op gefokusde wyse toe op klaarblyklik onoplosbare probleme in die wêreld rondom ons.”

Dr Cupido het in antwoord gesê dat die vennootskap tussen die US FGW en die Departement van Gesondheid toenemend positief sinergie toon ten opsigte van vier belangrike strategiese doelwitte, nl. dienslewering, voortgesette professionele opleiding, investering in akademie en laastens in navorsing. Hy het beklemtoon dat samewerking tussen die twee instellings tot voordeel van die pasiënt moet strek en dat pasiënt gesentreerde dienslewering belangrik is.

* Ukwanda is ŉ isiXhosa woord wat beteken, “om binne die gemeenskap te groei en te ontwikkel”.

Onderskrif (foto bo): Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier en dr Joey Cupido, Adjunk-direkteur-generaal: Distriksgesondheidsdienste en Gesondheidsprogramme van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid, onthul die gedenkplaat by die nuwe vleuel vir die opleiding van studente in die gesondheidswetenskappe by die Worcester Dagsorgkliniek.

Foto onder: Leerders van die De la Bat Skool vir Dowes op Worcester het gaste met die sing van die Nasionale Lied begelei deur die gebruik van gebaretaal.

Kliek hier vir foto’s van die geleentheid.

Victoriastraat gesluit: 2 Desember 2010
Victoriastraat sal op Donderdag 2 Desember vanaf ongeveer 07:30 tot 20:00 vir verkeer gesluit wees. ‘n Advertensie vir Ford word deur ‘n internasionale maatskappy hier geskiet en sal die grootste gedeelte van Victoriastraat vir verkeer gesluit wees. Verkeersbeamptes sal aan diens wees om met die verkeervloei te help.

Toegang tot huise en besighede in Victoriastraat sal nog steeds verkry kan word, maar daar kan dalk kort wagperiodes wees.

Die maatskappy, Stillking Films, versoek dat mense hulle moet help om ‘n ‘skoon’ straat vir die verfilming te skep en nie in die straat parkeer nie.

Sekere parkeerareas in Victoriastraat sal ook ontruim moet word en sal reeds vanaf Woensdagaand afgesper word.

Vir enige navrae kontak Mark Joyner van Stillking Films: 083 272 6706.

Webstudies oordra en skep van modules vir 2011
Vir die oordra van of skep van nuwe Webstudies modules vir 2011, voltooi asseblief die vorm by http://www.sun.ac.za/webstudies/rollover.

Groete

Webstudiesspan