Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.





Posts Tagged ‘‘BoschFees’

Tall, Dark & Afrikaans – dis Emo Adams en hy kom ‘BoschFees toe!

Hy is ’n man van vele talente – agter sy naam kan hy verhoogkunstenaar, TV-aanbieder, wêreldreisiger en sanger skryf en binnekort kan jy hierdie veelsydige kunstenaar by die Universiteit Stellenbosch se ‘BoschFees te siene kry!
Emo Adams, ’n boorling van Mitchellsplain in die hartjie van die Kaapse Vlakte, het sy eerste tree in die vermaaklikheidswêreld gegee toe [...]

Lees meer.....

Sensasionele Coda gaan ’BoschFees besoek

Coda, een van die mees unieke groepe tans in Suid-Afrika wat betref die byeenbring van verskeie musiekstyle, gaan die ’BoschFees met hul eiesoortige klank, kleur en energie tref.
Die groep bied ’n sintuiglike ervaring soos min en kombineer ’n reeks klassieke instrumente, ongelooflike stemme en hul maak gebruik van ’n platejoggie. Die resultaat hiervan is ’n [...]

Lees meer.....

Konvokasie-vergadering saam met ‘BoschFees gehou

Die Algemene Jaarvergadering van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch, wat gewoonlik aan die begin van November gehou word, word nou op 10 Desember om 19:00 in die DF Malansentrum op Coetzenburg gehou. Die datum is verskuif om saam te val met die heel eerste ‘BoschFees wat op 9 en 10 Desember in Stellenbosch gehou [...]

Lees meer.....

‘BoschFees word met skemeronthaal afgesluit

Musiek uit die boonste rakke, vermaak, vure, heerlike kos en natuurlik Stellenbosch wyne. Dit is alles bestanddele van die afsluiting van die eerste ‘BoschFees. Die afsluiting, in die vorm van ’n skemeronthaal in ’n markiestent aan die oorkant van die DF Malansentrum naby die Jannie Maraishuis, begin reeds om 17:00 op Donderdag 10 Desember.
Die onthaal [...]

Lees meer.....