Elektroniese toegang tot ingenieursbron, IEEE/IET Elektroniese Biblioteek (IEL), nou beskikbaar deur Biblioteek- en Inligtingsdienswebwerf
Die Biblioteek- en Inligtingsdiens kondig graag aan dat hy nou toegang verleen tot een van die ingenieursbedryf se kragtigste hulpbronne – IEEE/IET Elektroniese Biblioteek (IEL).
Die IEEE/IET Elektroniese Biblioteek (IEL) verleen toegang tot amper ’n derde van die wêreld se lopende literatuur op [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: February 25, 2010 |alvinam | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Akademies, Algemeen, Ingenieurswese, Navorsing |
Die afdeling Spesiale Versamelings in die JS Gericke Biblioteek benodig die dienste van ‘n studente-assistent vir 2010.
Werksure:
12 ure per werksweek (Ma.-Vr. 8:00-16:30), ingedeel volgens beskikbaarheid van die suksesvolle kandidaat.
Pligte:
Algemene administratiewe funksies
Sortering en fisiese versorging van dokumentversamelings
Vereistes:
Noukeurigheid
Rekenaarvaardigheid
Goeie interpersoonlike vaardighede
Kommunikasievaardighede in beide Afrikaans en Engels
Aanbevelings:
Belangstelling in en kennis van Suid-Afrikaanse Geskiedenis en Afrikaanse Letterkunde.
Op nagraadse vlak in [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: February 25, 2010 |mseyf | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Studente |
Konstruksiewerk met betrekking tot die nuwe E-Leersentrum en Tegniese Dienste afdeling van die Biblioteek- en Inligtingsdiens begin vanaf Februarie 2010 in die JS Gericke Biblioteek. Ons vra om verskoning vir enige geraas en ongerief tydens hierdie periode. Vir meer inligting, besoek asseblief www.sun.ac.za/library.
Lees meer.....
Gepubliseer op: February 16, 2010 |mseyf | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Algemeen, Kennisgewings |
Ter ondersteuning van jong wetenskaplikes se akademiese loopbane word die volgende lesing op 16 Februarie in die JS Gericke Biblioteek aangebied: “How to write a world class paper”.
Dis deesdae baie moeilik om ’n artikel gepubliseer te kry, want tussen 40% en 90% van artikels wat aan internasionale tydskrifte voorgelê word, word afgekeur. Hierdie aanbieding sal [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: February 8, 2010 |mseyf | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Akademies, Lesings, Navorsing |
U word uitgenooi na ’n opleidingsessie oor ScienceDirect/2collab en Scopus op Dinsdag 16 Februarie 2010 van 14:00 tot 16:00.
Die volgende aspekte sal gedek word:
ScienceDirect en 2collab (ongeveer 1 uur)
ScienceDirect bied toegang tot ongeveer 2 000 volteks- elektroniese tydskrifte. In die opleidingsessie sal aandag gegee word aan:
• Die soekkoppelvlak en veral maniere om dit te verpersoonlik [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: February 8, 2010 |mseyf | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Akademies, Lesings, Navorsing |
SUNScholar is die amptelike volteks navorsingsbewaarplek van die Universiteit Stellenbosch en ’n beduidende nuwe ontwikkeling vir navorsing by die Universiteit.
Die Biblioteek- en Inligtingsdiens stel graag sy personeelontwikkelingsessie van Vrydag 12 Februarie 2010 oop aan alle belangstellende persone op kampus om by ons aan te sluit vir ’n aanbieding en inligtingsessie omtrent hierdie ontwikkeling.
Gedurende die aanbieding sal getoon [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: February 4, 2010 |mseyf | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Akademies, Algemeen, Lesings |
Toegang tot inligting en die rol van biblioteke in die Kennisekonomie is die onderwerp van die Biblioteek- en Inligtingsdiens se 2010 Simposium wat van 18 tot 19 Februarie by STIAS gehou word.
Kennis, oud en nuut, is ‘n belangrike bousteen vir groei, ontwikkeling van welvaart en werkverskaffing. In die ontwikkelende wêreld moet dit beskou word as [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: January 26, 2010 |lcs1 | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Akademies, Algemeen, Konferensies, Korporatief & Alumni, Personeel, Persverklarings, Studente |
Studente wat kwalifikasies ontvang tydens die Maart 2010 gradeplegtigheid moet asseblief daarop let dat dit ’n vereiste is om ‘n meesterkopie van elke tesis/verhandeling elektronies in te lewer by die Biblioteek- en Inligtingsdiens.
Die meesterkopie van die tesis moet in PDF-formaat by wyse van ’n elektroniese proses ingelewer word. Volledige inligting aangaande die PDF-formaat vir inlewering, [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: January 14, 2010 |ismith | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Akademies, Algemeen, Kennisgewings, Personeel, Studente |