Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.





Posts Tagged ‘Departement Chemie en Polimeerwetenskap’

US Chemie-student ontvang gesogte Statebond-studiebeurs

Simon Herbert, ’n doktorale student in organiese chemie aan die Universiteit Stellenbosch (US), vertrek in September na Manchester in die Verenigde Koninkryk (VK) danksy ’n studiebeurs van die Britse Statebond. Simon is een van net sowat 30 studente landwyd wat vanjaar hierdie gesogte studiebeurs van die Commonwealth Scholarship Commission in die VK ontvang het. Oor die […]

Lees meer.....

US student in Polimeerwetenskap ontvang toekenning by internasionale kongres

Gareth Bayley, ’n doktorale navorsingstudent in Polimeerwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch (US), het die Carl Klason-prys gewen vir die beste referaat wat deur ’n student by die Wêreldforum vir Gevorderde Materiaal (POLYCHAR 18) aangebied is. POLYCHAR 18, wat in Siegen, Duitsland, gehou is, het toonaangewende polimeerwetenskaplikes uit die akademiese wêreld en die bedryf, jong navorsers […]

Lees meer.....

Polimeerwetenskaplike vereer vir watersuiweringstelsel

Die Waternavorsingskommissie (WNK) het prof Ed Jacobs van die Departement Chemie en Polimeerwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch (US) vereer met ’n Tegniese Prestasie-toekenning vir die ontwikkeling van innoverende watersuiweringstegnologie wat kommersieel lewensvatbaar is. Die WNK se Tegniese Prestasie-toekennings is ingestel om erkenning te gee aan tegnologiese uitvindings wat deur die WNK gefinansier is en tot […]

Lees meer.....

Nobelpryswenner inspireer met sy lewensverhaal

Nobelpryswenner prof Richard Ernst het op ’n inspirerende en dikwels grappige wyse van sy lewe as ’n baanbrekerwetenskaplike vertel in sy toespraak by ’n openbare lesing by die Universiteit Stellenbosch se Departement Chemie en Polimeerwetenskap. “Elke mens is ’n wetenskaplike of ’n chemikus,” het die 1991-ontvanger van die Nobelprys vir Chemie gesê. “Party mense doen […]

Lees meer.....

US doktorale student wen Jong Chemikus-toekenning

Simon Herbert, ‘n doktorale student in die Departement Chemie en Polimeerwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch (US), het die Jong Chemikus-toekenning  tydens die 11de Frank Warren Konferensie ontvang. Die konferensie, wat deur die Suid-Afrikaanse Chemiese Instituut in Pietermaritzburg aangebied word, dek alle dissiplines binne chemie. Simon doen sy navorsingswerk onder leiding van dr Gareth Arnott. Hy […]

Lees meer.....

Onderskeiding vir US-skeidingswetenskaplike

ʼn Senior dosent van die Departement Chemie en Polimeerwetenskap, skeidingswetenskaplike dr André de Villiers, is in Duitsland by die 34e internasionale simposium oor hoëverrigtingvloeistof-faseskeiding en verwante tegnieke met die Csaba Horváth-gedenkprys vereer.

Lees meer.....

Platinum-navorsingstudente raap plakkaatpryse op

Studente van die Departement Chemie en Polimeerwetenskap van die Universiteit Stellenbosch (US) het weggestap met drie van die ses plakkaatpryse wat by INORG2009, die 14e tweejaarlikse internasionale kongres van die Suid-Afrikaanse Chemie-instituut (SACI) en die Royal Society Dalton, aangebied is.Wat hul prestasies selfs meer indrukwekkend maak, is dat die drietal, bestaande uit Eugene Lakay, Hugo […]

Lees meer.....

Nadoktorale Genoot by Universiteit Stellenbosch Departement Chemie en Polimeerwetenskap

Die Universiteit Stellenbosch Departement Chemie en Polimeerwetenskap het aktiewe navorsingsgroepe in verskeie gebiede van moderne chemiese wetenskappe, waarvan Supramolekulere Chemie een is. Die Sentrum van Supramolekulere Materiale Navorsing aanvaar aansoeke om bogenoemde pos te vul. Pligte en verantwoordelikehede behels navorsing in die Supramolekulere Materiale Navorsingsgroep van prof Leon Barbour (SARChI Research Chair in Nanostructured Functional […]

Lees meer.....