Gaan jy volgende jaar ‘n BSc-graad met rekenaarwetenskap of ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch studeer, maar is jy bekommerd dat jy nie opgewasse gaan wees vir die rekenaarprogrammering wat as deel van jou kursus op jou wag nie? ‘n Opsionele vyfdag-oorbruggingskursus vir studente met geen ondervinding in rekenaarprogrammering nie word van 12 tot 18 [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 17, 2010 |science | 1 Kommentaar »
Geplaas in: Kennisgewings, Natuurwetenskappe, Studente |
Die uitnemende navorsing van ‘n jong Oostenrykse wiskundige aan die Universiteit Stellenbosch (US), prof Stephan Wagner, is met die gesogte Meiring Naudé-medalje van die Royal Society of South Africa bekroon. Dié jaarlikse toekenning deur die raad van die Royal Society of South Africa vier die wetenskaplike prestasie van wetenskaplikes jonger as 35. Weens die hoë [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: October 1, 2010 |science | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Korporatief & Alumni, Natuurwetenskappe, Navorsing, Personeel |
Die programmeringstaal Python was dié naweek letterlik én figuurlik kinderspeletjies toe meer as 80 leerders van 55 skole ʼn inleidende rekenaarprogrammeringskursus by die Universiteit Stellenbosch (US) bygewoon het. Leerders van so ver as Worcester, Hermanus en Vredenburg is touwys gemaak in die grondbeginsels van Python, en het die hulpbronne ontvang om voort te gaan om [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: September 28, 2010 |science | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Gemeenskapsinteraksie, Ingenieurswese, Korporatief & Alumni, Natuurwetenskappe, Personeel, Studente |
Die beste studente in Toegepaste Wiskunde aan die Universiteit Stellenbosch is op ‘n prysuitdelingsfunksie in die Departement Wiskundige Wetenskappe: Afdeling Toegepaste Wiskunde vereer. Die toppresteerders in die onderskeie jaargroepe was Ralph Rudd (beste honneursstudent), Maryke Thom (beste derdejaarstudent), Renier van Rooyen (beste tweedejaarstudent) en Gerdus Benade (beste eerstejaarstudent). Die studente het elkeen ‘n boekprys, geborg deur [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: September 28, 2010 |science | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Akademies, Ingenieurswese, Natuurwetenskappe, Personeel, Studente |
Danksy ‘n borgskap van L’Oréal ter bevordering van vroue in die wetenskap, is die beste voorgraadse vroue-student in toegepaste wiskunde aan die Universiteit Stellenbosch vir die eerste keer beloon vir haar akademiese prestasies. Die toekenning, wat gedeel word deur Daniek Joubert en Maryke Thom, is by ‘n prysuitdelingsfunksie van die Afdeling Toegepaste Wiskunde in die Departement Wiskundige [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: September 22, 2010 |science | 1 Kommentaar »
Geplaas in: Akademies, Korporatief & Alumni, Natuurwetenskappe, Personeel, Studente |
Wil jy bietjie jou IT-kennis terugploeg as deel van ‘n inisiatief wat daarop gemik is om rekenaarwetenskap onder Suid-Afrikaanse leerders te bevorder. Raak dan betrokke as ‘n vrywillige tutor tydens die volgende gratis Python inleidende kursus vir hoërskoolleerders, wat oor die naweek van 18 en 19 September by die Universiteit Stellenbosch aangebied gaan word. Leerders [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: August 26, 2010 |science | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Ingenieurswese, Kennisgewings, Natuurwetenskappe, Studente |
Toegepaste wiskundige, me Sonia Woudberg van die Departement Wiskundige Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, is een van die eerste vyf ontvangers van ‘n streeksbeurs wat daarop gemik is om vrouewetenskaplikes in Afrika suid van die Sahara te ondersteun.
Sy het een van die eerste L’Oréal en UNESCO Streeksbeurse vir Vroue in Wetenskap in Afrika suid van die Sahara ter waarde van $20 000 (nagenoeg R145 000) verlede week by ʼn gala-funksie in Johannesburg ontvang. Die toekennings vorm deel van die L’Oreal Stigting se volgehoue belegging in vroue in die wetenskap.
Lees meer.....
Gepubliseer op: April 12, 2010 |science | 1 Kommentaar »
Geplaas in: Korporatief & Alumni, Natuurwetenskappe, Navorsing, Persverklarings, Studente |
Internasionale akademici van onder meer Cambridge Universiteit, die Max Planck Instituut en die Universiteit van British Columbia tel onder die sprekers by die 34ste Suid-Afrikaanse Simposium vir Numeriese en Toegepaste Wiskunde (SANUM), wat van 15 tot 17 Maart by die Universiteit Stellenbosch plaasvind. Die Afdeling Toegepaste Wiskunde in die Departement Wiskundige Wetenskappe is die gasheer [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: March 16, 2010 |liezls | 1 Kommentaar »
Geplaas in: Konferensies, Korporatief & Alumni, Natuurwetenskappe, Personeel, Persverklarings |