Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.





Posts Tagged ‘DWT-NNS Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie’

Medalje vir jong indringerbioloog

Ethel Phiri is die Universiteit Stellenbosch se ontvanger van die S2A3-medalje wat deur die Suid-Afrikaanse Vereniging vir die Bevordering van Wetenskap toegeken word vir oorspronklike navorsing op meestersvlak in ʼn wetenskaplike dissipline. Sy het navorsing oor indringerspesies op Marioneiland gedoen.

Lees meer.....

Uitheemse indringerspesies onder planeet se top drie probleme – nuwe publikasie

Uitheemse indringerspesies, wat van siektes en plante tot rotte en bokke wissel, is een van die voorste drie bedreigings vir lewe op ons planeet. So sê ʼn nuwe publikasie wat deur die wêreldwye indringerspesieprogram, oftewel GISP, gekoördineer is en waarmee indringingsbioloë van die Sentrum vir Indringerbiologie die toon aangegee het.

Lees meer.....

Prof Chown internasionaal beloon vir navorsing oor klimaatsverandering, indringerspesies in Antarktika

Prof Steven Chown van die Universiteit Stellenbosch (US) is die eerste ontvanger van die internasinoale Martha T. Muse-prys vir Wetenskap en Beleid in Antarktika ter waarde van $100 000 (sowat R750 000). Die toekenning erken sy uitsonderlike werk oor uitheemse indringerspesies en die uitwerking van klimaatsverandering en menslike wisselwerking in die Antarktiese streek.

Lees meer.....

SIB-genoot vir boek oor indringerspesies vereer

Leonie Joubert, ‘n wetenskapskrywer en genoot van die DWT-NNS Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie aan die Universiteit Stellenbosch, is aangewys as die SAB Omgewingsjoernalis van die Jaar in die gedrukte en internet kategorie vir twee boeke wat sy oor klimaatsverandering en indringerspesies geskryf het.
Die SAB Omgewingsjoernalis Toekennings word beskou as die hoogste eer wat Suid-Afrikaanse [...]

Lees meer.....

SA dierkundiges vereer prof Chown

Prof Steven Chown, direkteur van die DWT-NNS Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie en professor in Dierkunde by die Universiteit Stellenbosch (US), is die 2009-ontvanger van die Goue Medalje van die Dierkundige Vereniging van Suider-Afrika (DVSA).Volgens die DVSA tel prof Chown onder die ‘dierkundige elite’, en het hy aanmerklike bydraes tot alle sfere van dierkundige ondernemings [...]

Lees meer.....

Populêre wetenskapboek takel indringerspesies

‘n Populêre wetenskapboek wat die impak van indringerspesies op Suid-Afrika se plante en diere in maklik leesbare formaat verduidelik, het onlangs danksy die ondersteuning van die DWT-NNS Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie (SIB) van die Universiteit Stellenbosch (US) die lig gesien.
Invaded: The Biological Invasion of South Africa kom uit die pen van wetenskapjoernalis en US-oudstudent Leonie [...]

Lees meer.....