Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.




« Vorige Artikels    

Posts Tagged ‘Endlersaal’

US Koor in die Endler na hul dubbele Wêreldkampioen-ervaring in China!

Kaartjies vir die Universiteitskoor se optrede in die Endler is uitverkoop! Daar is egter lig aan die einde van die tonnel…weens die groot belangstelling is daar besluit om nog ‘n konsert op 10 Oktober aan te bied. Dus – as jy nie kaartjies vir die vertoning op 10 Oktober om 16:30 kon kry nie – […]

Lees meer.....

Kamermusiekfees werf internasionaal-gevestigde Suid-Afrikaners

Die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees is hier en kaartjieverkope vir die opwindende konserte tydens die fees verloop reeds goed. Tydens die fees sal 25 internasionaal-erkende fakulteitslede van regoor die wêreld ‘n vertoning in die aandkonserte lewer waaronder ‘n paar gunstelinge van vorige feeste optree soos Hollands-/Engelse vioolsensasie, Daniel Rowland en Portugese horingvirtuoos, Abel Pereira, asook ’n […]

Lees meer.....

Libertaskoor sing ten bate van Afrika-teoloë

Liefhebbers van koormusiek kan op Sondag 23 Mei 2010 hul sitplekke in die Endlersaal inneem vir ’n spesiale konsertprogram deur die gewilde Libertaskoor onder leiding van Johan de Villiers. Die program sluit in gewyde en sekulêre koorwerke, met besondere klem op musiek uit eie bodem.  Twee uittreksels uit Sergei Rachmaninoff se All-Night Vigil Opus 37 […]

Lees meer.....

US-koor bied koorwerke vir Wêreld Koorspele in Julie 2010 tuis aan

Die Stellenbosch Universiteitskoor, olv André van der Merwe, beplan om deel te neem aan die Wêreld Koorspele in China in Julie vanjaar. Die Wêreld Koorspele is een van die mees invloedryke en gesogde internasionale koorkompetisies en kore kan slegs op uitnodiging deelneem. ‘n Paar jaar gelede is die US-koor, ook olv André van der Merwe, gekroon […]

Lees meer.....

Schola Cantorum: Pragtige stemme op die Endlerverhoog

Die Endler-konsertreeks het ‘n merkwaardige begin van die 2010-seisoen beleef, met ‘n groot aantal plaaslike en internasionale kunstenaars wat volgepakte sale gedurende Februarie en Maart aan die praat gehad het. Dié konsertreeks hoop om hierdie ervaring op 24 April om 20:00 voort te sit met die Schola Cantorum Kamerkoor onder leiding van Rudolf de Beer. […]

Lees meer.....

Wêreldberoemde klavierduo in die Endlersaal

Genova & Dimitrov, die veelbekroonde en internasionaal befaamde klavierduo, is op versoek van die publiek terug in Suid-Afrika. Hulle toer gedurende Maart deur die land. Aglika Genova en Liuben Dimitrov het hulle duo in 1995 gestig en kyk vandag terug op ‘n loopbaan met ‘n menigte toekennings, optredes met internasionale orkeste, en agt CD-opnames. Die Endler-konsertreeks […]

Lees meer.....

Skop 2010 af met verskeidenheid konserte in die Endler

Liefhebbers van klassieke musiek kan nou al hul dagboeke nader trek vir die eerste reeks konserte van 2010 wat vanaf 30 Januarie in die Endlersaal by die Universiteit Stellenbosch gehou word. Die eerste konsert in die 2010 Endlersaal Konsertreeks is op 30 Januarie met ‘n uitvoering van Lona Madson (klarinet) en Nina Schumann op die […]

Lees meer.....

Stellenbosch Konsertreeks sluit af met optrede deur bekroonde pianis

Die veelbekroonde plaaslike pianis Ben Schoeman tree in die finale konsert van vanjaar se konsertreeks in die Konservatorium op. Die konsert vind op 15 November om 20:00 in die Endlersaal plaas. Hoewel Ben Schoeman nog nie eers dertig jaar oud is nie het hy reeds naam gemaak as een van Suid-Afrika se mees vooraanstaande pianiste. […]

Lees meer.....