Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.





Posts Tagged ‘Fakulteit Natuurwetenskappe’

US se Natuurwetenskappe-dekaan vereer vir waternavorsing en waterbestuurswerk

Prof Eugene Cloete, die Universiteit Stellenbosch (US) se Natuurwetenskappe-dekaan, mikrobioloog, en uitvinder van die teesakkiewaterfilter, is die enigste verteenwoordiger van Afrika om in die nuwe genoteprogram van die Internasionale Watervereniging (IWA) opgeneem te word. IWA is die grootste internasionale vereniging vir waterberoepslui, en erken buitengewone en uitnemende prestasie op watergebied. By ʼn onthaal gedurende IWA […]

Lees meer.....

IWWOUS-span op pad na Pretoria vir wetenskapekspo

Projekte oor sonkrag-selfone, die emosionele welstand van perde, Anatoliese herdershonde, die aërodinamika van die Jabulani sokkerbal en die effek van koffie is onder die twintigtal inskrywings van hoër- en laerskoolleerders wat hierdie naweek die Stellenbosch-streek se naam hoog gaan hou by die Nasionale Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes in Pretoria. Die groep van 29 leerders […]

Lees meer.....

US rektor gaan Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes open

Die Rektor van die Universiteit Stellenbosch, prof Russel Botman, is vanjaar die openingspreker by die 11de jaarlikse Stellenbosch streekskompetisie van die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes. Die Expo vind op 26 en 27 Augustus by Bloemhof Hoër Meisieskool op Stellenbosch plaas. Die uitstallings sal op Vrydag 27 Augustus vanaf 11:00 vir besigtiging deur die publiek […]

Lees meer.....

Sluitingsdatum vir wetenskapexpo kruip nader

Voornemende jong wetenskaplikes moet opskud as hulle nog hul projekte wil inskryf vir die jaarlikse Stellenbosch-streekkompetisie van die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes. Skole in die Boland, Weskus, Overberg, Suid-Kaap en dele van die Karoo het nog tot 6 Augustus kans om hul inskrywings in te stuur vir die kompetisie, wat vanjaar op 26 en […]

Lees meer.....

Skole genooi na werkswinkels oor Stellenbosch wetenskap-ekspo

Skole wat nog wik en weeg of hulle later vanjaar vir die eerste keer wil deelneem aan die Stellenbosch-streekkompetisie van die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes, kan nadere besonderhede verkry by werksessies wat daaroor aangebied word. Die werkswinkels word op 21 April in Stellenbosch en 28 Mei op Moorreesburg vir belangstellende onderwysers en leerders aangebied […]

Lees meer.....

US lei NEPAD waterinisiatief

Die Universiteit Stellenbosch (US) sal in die volgende drie jaar voor vat wanneer dit kom by die uitbreiding van netwerke binne die waternavorsings- en opleidingsgemeenskappe van Suider- Afrika. Dit volg nadat die US onlangs aangewys is as koördineerder van die NEPAD Water Sentrums van Uitnemendheid-inisiatief, waardeur ‘n konsortium van Sentrums van Uitnemendheid gefokus op waternavorsing in onder meer Suid-Afrika, Malawi, Botswana, Zambië, Mosambiek en Namibië gestig is danksy befondsing van die Europese Kommissie.

Lees meer.....