Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.




« Vorige Artikels    

Posts Tagged ‘HOOP Projek’

Nuwe gesondheidsorgopleidingsmodel om landelike gesondheidsopleiding en –diens te verbeter

‘n Nuwe vleuel vir die opleiding van studente in die gesondheidswetenskappe is Dinsdagaand (30 November)  by die Worcester Dagsorgkliniek geopen. Dit is die jongste projek deur die Universiteit Stellenbosch en die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap om die tekort aan professionele gesondheidsorgpraktisyns in landelike gebiede om te keer en om studente bloot te stel aan die […]

Lees meer.....

Pedagogieë van Hoop-kollokwium fokus op hoëronderwyse se bydrae tot openbare heil

‘n Kollokwium oor Pedagogieë van Hoop aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat die vraag, “Hoe dra hoëronderwys by tot die openbare welsyn?”,  ondersoek het, is Vrydag deur die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) se Wallenbergnavorsingsentrum aangebied. Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier, het aan die afgevaardigdes […]

Lees meer.....

Wet op inligting motivering agter die hersiening van Perskode

Die ANC-regering se wetsvoorstel vir die Beskerming van Inligting het redakteurs warm onder die kraag gelaat, maar dr Johan Retief, adjunk-ombudsman, sê daar is tog ruimte vir beter selfregulering. Retief het Maandag ’n groep studente, joernaliste en belangstellendes by die MEDIAFRIKA-sentrum van die Joernalistiekdepartement toegespreek oor die tekortkominge en voorstelle vir die hersiening van die […]

Lees meer.....

Durban-alumni sê hul steun aan die HOOP Projek toe

Die Universiteit Stellenbosch (US) se HOOP Projek is nommerpas vir die uitdagings van ons tydvak. Dit stel die Universiteit, wat ten volle opgerat is vir hierdie ambisieuse projek, in staat om ons vernaamste sterkpunte in te span om van ons streek en vasteland se grootste probleme aan te pak. Prof Russel Botman, US Rektor en […]

Lees meer.....

Multilaterale ooreenkoms vir die ontwikkeling van Afrika akademici gesluit

Ses Afrika-universiteite het saamgespan om die ontwikkeling van die volgende generasie Afrika-akademici en -beroepslui te verseker en om nuwe lewe te blaas in die ontwikkeling van vakkundigheid op die vasteland. ’n Multilaterale memorandum van ooreenkoms (MMvO) is vandag (12 November) op Afrika Universiteitedag deur die Universiteit Stellenbosch (US) en vyf ander Afrika-instellings onderteken. Die ooreenkoms […]

Lees meer.....

Adjunkminister steun US se ‘wetenskap vir die samelewing’-benadering

Mnr Derek Hanekom, adjunkminister van wetenskap en tegnologie, het sy steun toegesê aan pogings om ernstige probleme in die samelewing deur middel van die wetenskap aan te spreek. “Ons staar geweldige uitdagings in die gesig, wat ons moet omarm, soos [die Universiteit] Stellenbosch (US) doen. Ons het goeie wetenskap-gebaseerde beleid nodig, waarmee universiteite en wetenskap-akademies […]

Lees meer.....

Gesamentlike graadprogramme spruit dalk uit HOOP Projek

Die Senaat van die Universiteit Stellenbosch (US) oorweeg die moontlikheid van graadprogramme wat saam met universiteite elders in Afrika en in Europa aangebied kan word. Só het prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier, Saterdagaand [30 Oktober 2010] by die Nederlandse bekendstelling van die US se HOOP Projek gesê. Alumni en vriende van die Universiteit het […]

Lees meer.....

Alumni-steun noodsaaklik vir HOOP Projek

Suid-Afrikaners in die buiteland het ‘n belangrike rol te speel ter ondersteuning van die Universiteit Stellenbosch (US) en sy HOOP Projek. Dít was die wekroep van prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier, aan sowat 150 alumni en vriende van die US Donderdagaand [28 Oktober 2010] by die Verenigde Koninkryk (VK)-bekendstelling van die HOOP Projek in Londen. […]

Lees meer.....