Die jaarlikse Stellenbosch Koorfees vir skool- en jeugkore vind op Sondag 29 Augusutus om 15:00 in die Endlersaal in Stellenbosch plaas. Die koorfees word aangebied deur Stellenbosch Universiteitskoor. Kore van Stellenbosch en omgewing neem deel aan die fees. Vir baie skoolkore is dit ‘n gulde geleentheid om op te tree in ‘n konsertsaal voor ‘n gelese [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: August 23, 2010 |us_koor | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Algemeen, Kuns en Kultuur |
Die nuutgevormde Universiteit Stellenbosch Strykkwartet het sy eerste uitvoering op Woensdag 7 April in die Endlersaal, Stellenbosch, gelewer. Die konsert was die eerste in ’n reeks wat sal bekendstaan as die Universiteit Stellenbosch (US) Strykkwartetkonsertreeks wat uit vier etensuurkonserte en vier aandkonserte bestaan. Die repertorium vir vanjaar se reeks sluit werke van Beethoven, Mendelssohn, Sjostakowitsj, Brahms, Ravel en [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: April 2, 2010 |viljoenm | 1 Kommentaar »
Geplaas in: Algemeen, Korporatief & Alumni, Kuns en Kultuur, Lettere en Sosiale Wetenskappe, Personeel, Persverklarings |
Die veelbekroonde plaaslike pianis Ben Schoeman tree in die finale konsert van vanjaar se konsertreeks in die Konservatorium op. Die konsert vind op 15 November om 20:00 in die Endlersaal plaas. Hoewel Ben Schoeman nog nie eers dertig jaar oud is nie het hy reeds naam gemaak as een van Suid-Afrika se mees vooraanstaande pianiste. [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 3, 2009 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Korporatief & Alumni, Kuns en Kultuur |
Na ‘n STIAS Colloquium vroeër vanjaar, het Latozi Mpahleni (Madosini) ‘n versoek gerig vir bemiddelende strukture om tradisionele Xhosa instrumente en gepaardgaande inheemse kennis aan ‘n jonger generasie oor te dra. In reaksie op hierdie versoek en die inisiatiewe van die STIAS genoot Hans Huyssen, huisves die Departement Musiek (DOMUS) vir Madosini en ‘n assistant en [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: October 7, 2009 |santiedj | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Kuns en Kultuur |
Begin jou naweek met ‘n gratis etensuurkonsert saam met FESTA, ‘n ensemble van vyf vroue wat jou sal vermaak met die klanke van die klavier, fluit, viool, kontrabas en perkussie, op Vrydag 24 Julie 2009 in die Endlersaal in die Universiteit Stellenbosch se Konservatorium. Die gratis konsert begin om 13:00 en tydens dié konsert word daar ‘live’ opnames gedoen vir die [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: July 21, 2009 |liezls | 1 Kommentaar »
Geplaas in: Kuns en Kultuur |
Die wêreldberoemde internasionale perkussiespeler, Marta Klimasara gaan op 1 Julie 20:00 ‘n solo konsert in die Endlersaal op Stellenbosch gee asook op 2 Julie 19:00 in die Hugo Lambrechts Auditorium, Parow. Sy gaan werke van die Suid Afrikaanse komponis Peter Klatzow, asook werke van Iannis Xenakis, Per Norgard, Astor Piazolla en Michael Burritt speel. Gedurende [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: June 15, 2009 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Kuns en Kultuur |
Die stem van die jeug in en rondom Stellenbosch is Donderdag duidelik gehoor tydens ‘n Jeugdagviering waar hulle hul drome en vooruitsigte vir die dorp en ook die land met ander kon deel. Die tema van vanjaar se vieringe was “Ek droom van ‘n Stellenbosch waar…”.Die Jeugdagvieringe is deur die Afdeling Gemeenskapsinteraksie gereël en is [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: June 11, 2009 |ajlouw | 1 Kommentaar »
Geplaas in: Korporatief & Alumni, Personeel, Studente |
Suren Bagratuni is ‘n internasionaal gerespekteerde tjellis en geen onbekende op Suid-Afrikaanse verhoë nie. Saam met die ewe hoogaangeskrewe pianis Ayano Shimada gee hy op 4 Junie om 20:00 ‘n uitvoering in die Endlersaal as deel van die Stellenbosch Konservatorium se Prestige Konsertreeks. Die duo open hul program met Schumann se drie Fantasiestükke op. 73. [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: May 27, 2009 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Kuns en Kultuur |