Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.





Posts Tagged ‘Natuurwetenskappe’

SA se wetenskappedekane byeen op Stellenbosch

Die Universiteit Stellenbosch (US) het Vrydag (19 November 2010) vir die eerste keer gasheer gespeel vir die Nasionale Forum van Natuurwetenskappe Dekane (ook bekend as die National Science Deans Forum of NSDF). Die Forum bespreek raakpunte binne opleidings- en navorsingsprogramme in die natuurwetenskappe aan Suider-Afrikaanse hoëronderwysinstelling. Die dekane van die verskillende Suid-Afrikaanse universiteite, asook van die […]

Lees meer.....

SA wetenskapsakademie vereer US dekaan

Prof Eugene Cloete, ‘n gerekende waternavorser en dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, is een van drie top wetenskaplikes wat pas met toekennings van die Wetenskap-akademie van Suid-Afrika (oftewel die “Academy of Science of South Africa”, ASSAf) vereer is. Prof Cloete en prof Diane Hildebrandt van die Universiteit van die Witwatersrand het […]

Lees meer.....

Boomplantseremonie deel van NSK afsluitingsfunksie

‘n Boomplantseremonie is onlangs op Coetzenburg gehou waartydens lede van die uittredende Natuurwetenskappe Studentekomitee (NSK), tesame met die pasverkose komitee vir 2011, kans gehad het om ‘n blywende bewys van hul ampstermyn na te laat. Dit was deel van die jaarlikse NSK Dankie-sê funksie, waartydens lede van die uittredende NSK vir 2009/2010 bedank is vir […]

Lees meer.....

Na-Doktorale Navorsingsgenoot: Departement Biochemie

Posisie: Stellenbosch Universiteit ondersteun ’n stimulerende navorsingsomgewing waar nuwe kennis en vaardighede ontwikkel, gedeel en toegepas kan word tot voordeel van die Suid Afrikaanse gemeenskap toegepas kan word. Twee na-doktorale navorsingsgenootskappe is tans vir ’n periode van een jaar elk beskikbaar in die department Biochemie. Navorsing: Die voorgestelde navorsingsprojekte het ten doel om die huidige […]

Lees meer.....

Natuurwetenskappe se toelatingsvereistes verhoog

Let daarop dat die toelatingsvereistes gestyg het vir voornemende studente wat vanaf 2010 ‘n BSc-graad onder die vaandel van die Fakulteit Natuurwetenskappe wil volg. Dit sluit studierigtings in die biologiese, wiskundige en fisiese wetenskappe in. Daarby is die BSc Sportwetenskap ook vanaf 2010 nou ‘n keuringsprogram. Let daarop dat die toelatingsvereistes gestyg het vir voornemende […]

Lees meer.....

Werkswinkel in die skryf van artikels in die Natuurwetenskappe: 27- 29 Oktober 2009

Smag jy na tyd weg van die kantoor om jou akademiese skryfvaardighede op te skerp en te slyp? Hierdie werkswinkel bied jou die geleentheid om in ʼn stimulerende omgewing jouself geheel en al toe te spits op die skryf van ʼn joernaalartikel met die hulp en leiding van ʼn kundige. Hierdie geleentheid word gratis aan […]

Lees meer.....