Mnr Derek Hanekom, adjunkminister van wetenskap en tegnologie, het sy steun toegesê aan pogings om ernstige probleme in die samelewing deur middel van die wetenskap aan te spreek. “Ons staar geweldige uitdagings in die gesig, wat ons moet omarm, soos [die Universiteit] Stellenbosch (US) doen. Ons het goeie wetenskap-gebaseerde beleid nodig, waarmee universiteite en wetenskap-akademies [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 10, 2010 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Algemeen, Energie en die Omgewing, HOOP Projek, Ingenieurswese, Korporatief & Alumni, Lettere en Sosiale Wetenskappe, Navorsing, Persverklarings, Skool vir Nagraadse Navorsing |
’n Nuwe biobrandstoftegnologiemaatskappy, Stellenbosch Biomass Technologies (SBMT), is op 2 Julie van stapel gestuur. SBMT het die vermoë en kundigheid om Suider-Afrika in die rigting van ʼn volhoubare energietoekoms te lei, en geniet die ondersteuning van die Universiteit Stellenbosch as navorsingsvennoot. Die Suid-Afrikaans-gebaseerde SBMT hou die reg voor om die jongste verwerkingstegnologie wat deur die [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: July 2, 2010 |science | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Korporatief & Alumni, Natuurwetenskappe, Navorsing, Persverklarings |
Belanghebbendes en voorste denkers in die bio-energiesektor van Afrika besin tans op Stellenbosch oor die volhoubaarheid van ‘n bio-energie industrie in Afrika, as deel van die Global Sustainable Bioenergy Projek (GSB).
Lees meer.....
Gepubliseer op: March 18, 2010 |science | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: AgriWetenskappe, Konferensies, Korporatief & Alumni, Natuurwetenskappe, Persverklarings |
‘n Finse biobrandstofkundige, prof Merja Pentilla, is die gasspreker by die volgende BioEnergie Seminaar op Dinsdag 26 Januarie. Die geleentheid vind om 13:00 in Lesingsaal A203 in die JC Smutsgebou plaas. Prof Pentilla is verbonde aan die VTT Tegniese Navorsingsentrum van Finland, en is ‘n leier op die gebied van biobrandstofnavorsing. Haar praatjie sal fokus [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: January 25, 2010 |science | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Akademies, Algemeen, Lesings, Natuurwetenskappe, Navorsing |
Die wetenskapbande tussen Suid-Afrika en Slowakye is onlangs versterk toe ʼn voorste Slowaakse navorser Stellenbosch besoek het om waarde toe te voeg tot die werksaamhede van die biobrandstofnavorsers in die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Mikrobiologie. Dít volg op die ondertekening van ʼn kulturele en wetenskaplike samewerkingsverdrag tussen Suid-Afrika en Slowakye drie jaar gelede. Slowakye [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: December 17, 2009 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Algemeen, Korporatief & Alumni, Natuurwetenskappe, Navorsing |
Prof Lee Lynd, een van die wêreld se voorste navorsers op die gebied van biobrandstof en voorsitter van die nuwe Global Sustainable Bioenergy projek (GSB), is op 3 Augustus een van die sprekers by ‘n spesiale BioEnergie Seminaarreeks by die Universiteit Stellenbosch (US). Hy sal oor die potensiaal van biobrandstof gesels. Dit word deur die [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: July 29, 2009 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Korporatief & Alumni, Studente |
Biobrandstofnavorsers van die Universiteit Stellenbosch (US) sal voortaan saam met van die wêreld se voorste kundiges op dié gebied werk om oplossings vir bepaalde knelpunte oor volhoubare bioenergieproduksie te vind. Die Global Sustainable Bioenergy- (GSB-) projek oor die uitvoerbaarheid en inwerkingstelling van bioenergiegebruik is onlangs van stapel gestuur in reaksie op die groot verwarring en [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: July 21, 2009 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Algemeen, Korporatief & Alumni |