Afgevaardigdes van die 3de Afrika – EU Beraad se gekoppelde geleentheid, Nyerere: Ondersteuning van Akademiese Mobiliteit en die Hernuwing van Hoër Onderwys in Afrika is gisteraand (22 Nov. 2010) tydens ’n skemerkelkie by Wallenberg, Stellenbosch, aan die Universiteit Stellenbosch se ambisieuse HOOP Projek bekendgestel. Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier, het die geleentheid gebruik om [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 23, 2010 |sonika | 1 Kommentaar »
Geplaas in: Algemeen, HOOP Projek, Korporatief & Alumni, Personeel, Persverklarings |
Mnr Derek Hanekom, adjunkminister van wetenskap en tegnologie, het sy steun toegesê aan pogings om ernstige probleme in die samelewing deur middel van die wetenskap aan te spreek. “Ons staar geweldige uitdagings in die gesig, wat ons moet omarm, soos [die Universiteit] Stellenbosch (US) doen. Ons het goeie wetenskap-gebaseerde beleid nodig, waarmee universiteite en wetenskap-akademies [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 10, 2010 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Algemeen, Energie en die Omgewing, HOOP Projek, Ingenieurswese, Korporatief & Alumni, Lettere en Sosiale Wetenskappe, Navorsing, Persverklarings, Skool vir Nagraadse Navorsing |
Die HOOP Projek hou nie net voordele vir Suid-Afrika in nie, maar ook vir ander lande elders in Afrika, het prof Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), die afgelope naweek by die bekendstelling van dié inisiatief in Namibië gesê. “Ons kyk nie net na Suid-Afrika nie. Ons wel daar gebaseer, maar [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: October 21, 2010 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Algemeen, HOOP Projek, Korporatief & Alumni |
Publiseer eerder jou navorsing in ’n ooptoegang-bewaarplek of -joernaal as om die tradisionele roete van joernale wat aangekoop of net op subskripsie beskikbaar is, te volg. Dít was die raad deur akademici van die Universiteit Stellenbosch (US) en ander kenners gister [Woensdag 20 Oktober 2010) aan deelnemers in die Biblioteek en Inligtingsdiens se Seminaar oor Oop [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: October 21, 2010 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Akademies, Algemeen, Korporatief & Alumni, Navorsing, Personeel, Studente |
Een van die vlae wat die geboorte van demokrasie in Suid-Afrika aangekondig het is Maandag aan die Universiteit Stellenbosch vir bewaring oorhandig. Die vlag was een van vier wat vanuit Oryx-helikopters van die Suid-Afrikaanse Lugmag wat ’n verbyvlug oor die Uniegebou in Pretoria gedoen het tydens mnr Nelson Mandela se inhuldiging as eerste demokraties verkose [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: September 28, 2010 |viljoenm | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Algemeen, Korporatief & Alumni, Kuns en Kultuur, Persverklarings |
Prof Lizette Rabe, Hoof van die Departement Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch (US), sê baie joernaliste in Afrika wat staan vir ’n vrye en onafhanklike media word deur die owerhede vervolg. ’n Nuwe US-inisiatief, MEDIAFRIKA, is daarop gemik om goed-opgeleide en professionele joernaliste wat onpartydig verslagdoen, te lewer. Die US se Departement Joernalistiek bied hoogaangeskrewe [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: August 19, 2010 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: HOOP Projek, Korporatief & Alumni, MEDIAFRIKA |
Die Universiteit Stellenbosch (US) het Saterdag ’n hoë-vlak besoekersgroep uit China ontvang. Die Hoof van die Confucius Instituut (CI) se Hoofkantoor in China, Madame Xu Lin, het die Universiteit besoek as deel van ’n besoek aan Confucius Institute wat gehuisves word deur die US en die Universiteit van Kaapstad (UK). Sy is vergesel deur mnr Wei [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: August 18, 2010 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Algemeen, Korporatief & Alumni, Studente |
“Dit is ons nuwe langtermyn strategiese plan – dit is ambisieus, omvattend en geïntegreerd.” Met hierdie woorde het prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), die HOOP Projek Woensdagaand in die Endlersaal op die Universiteit se Stellenbosch-kampus bekendgestel. Hy het gesê dat die Universiteit drie hoof verantwoordelikhede het. “Gegewe ons geskiedenis [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: July 21, 2010 |liezls | 3 Kommentaar »
Geplaas in: HOOP Projek, Korporatief & Alumni, Personeel, Studente |