Discussion about the use of tutorials and other forms of additional support in the Science Faculty
Daar blyk ’n toenemende behoefte aan en aandrang op addisionele akademiese ondersteuning vir studente, veral eerstejaarstudente, te wees. In die lig hiervan, het dit nodig geraak dat ons krities dink oor die aard van die ondersteuning (insluitend tutoriale) wat ons tans bied, behoort te bied en kan bied, veral met die oog op volhoubaarheid en die beskikbaarheid van senior studente wat hiermee kan help. Op versoek van die NW LOK, het die OLG alle koördineerders van eerstejaarmodules, LOK verteenwoordigers en VGP dosente na ʼn bespreking van hierdie sake op Vrydag 1 Februarie 2013 uitgenooi