(English) Lunch hour seminar: Assessment system used in Foundations of Abstract Mathematics I and II

By , Augustus 14, 2013 10:52

Maandag 26 Augustus

13:00 – 14:00

AI Perold Gebou Seminaarkamer 2005

Lees meer hier

(English) Lunch hour seminar: Assessment system used in Foundations of Abstract Mathematics I and II

By , Augustus 14, 2013 10:35

Op 26 Augustus sal Dr Zurab Janelidze van die Wiskundige Wetenskappe Departement gesels oor ʼn baie innoverende assesseringsisteem wat in Foundations of Abstract Mathematics I en II gebruik is.

Die assesseringsisteem wat in Foundations of Abstract Mathematics I en II (tweede- en derdejaar modules aangebied deur die Departement van Wiskundige Wetenskappe) gebruik is, is in sekere opsigte ʼn nuwe tipe buigsame assessering sisteem wat studente diversiteit in ag neem (sommige is meer geïnteresseerd in die vak, ander is meer talentvol, ens.) en die studente se vordering in die kursus, eerder as hul se vermoë relatief tot die van hul eweknieë, assesseer. So ʼn assesseringsisteem behoort te help om swakker studente aan te moedig en terselfdertyd sterker studente se entoesiasme te verhoog. Hy sal die mate waartoe die ideaal gedurende die laaste twee jaar van gebruik van hierdie sisteem bereik is, bespreek.

Datum: Maandag, 26 Augustus 2013

Tyd: 13:00 -14:00

Lokaal: AI Perold Gebou Seminaarkamer 2005

Tee en koffie beskikbaar. U is welkom om u middagete saam te bring.

 

 

 

Onderriggeleentheid 2013

By , Junie 3, 2013 11:42

Op 21 en 22 Mei het die Onderrig en Leer Gespreksforum ʼn tweedag Onderriggeleentheid in die Natuurwetenskap Fakulteit aangebied. Hierdie is ʼn eerste vir die Fakulteit en het aanbiedings deur kundiges, besprekings deur lede van die Fakulteit en insette oor onderrig-inisiatiewe in Departemente ingesluit.  Dit is bygewoon deur 36 persone op dag een, waaronder die Dekaan en Adjunkdekaan (Onderrig), en 30 persone op dag 2.

Tydens terugvoer op die tweede dag, het alle deelnemers gevoel dat hulle dit graag jaarliks of twee-jaarliks herhaal sal wil sien. Hulle het onderrig-evaluering, buigsame assessering, assessering (veral in groot klasse), en meer kreatiewe onderrig-idees as onderwerpe vir verdere bespreking geïdentifiseer.  Sien grafiek van dag 2 terugvoer hieronder.

Kliek hier vir Onderriggeleentheid 2013 Program

feedback teaching day 2

Tutors kom bymekaar om oor onderrig te praat

By , Junie 3, 2013 11:15

Die Fakulteit het drie middagete besprekings aangebied waarvan tutors een moes bywoon. Hierdie sessies vorm deel van die Fakulteite se huidige fokus op tutoriale. Tutors het veral oor hul rol in die Fakulteit se onderrigfunksie gesels en gekyk na wyses waarop hulle studenteleer kan aanmoedig en probleme met studente apatie en onrealistiese verwagtinge kan oorkom. Die sessies is deur tussen 20 en 50 studente elk bygewoon.

2 Mei 2013: Help studente om onafhanklike leerders te word gefasiliteer deur Jean Farmer (SOL)

8 Mei 2013: Aktiewe leer tegnieke vir die Natuurwetenskappe gefasiliteer deur Hanelie Adendorff (SOL)

15 Mei 2013: Die gebruik van vrae om studenteleer te rig met insette en advies deur Chrischelle Hanekom (Nagraadse student en Fisika tutor)

Vier sprekers om na uit te sien

By , Junie 3, 2013 09:34

Drie onderrigkundiges het tydens die eerste semester by die fakulteit gepraat. Elk van die middaguur sessies is deur ongeveer 20 personeellede bygewoon.

 

Denise Wood

Denise Wood

Op 20 Maart het Prof Prof Denise Wood van die University of South Australia ’n seminaar oor “ Die opvoedkundige voordele van sosiale media in leer en onderrig” aangebied. Prof Wood het uitgebreide ervaring in die gebruik van toeganklike Informasie en Kommunikasie tegnologieë vir die bevordering van sosiale deelname, sowel as die onderrigvoordele van sosiale media in leer en onderrig.

Haar internasionale navorsing sluit projekte in Suid Afrika in. Sy werk onder ander saam met die plaaslike regerings van Gauteng en Limpopo aan ʼn projek in wat kyk die gebruik van IKTs om leer en onderrig in landelike en semi-landelike spesiale behoefte skole te bevorder en retensie te verhoog. Verder is sy ook in projekte in die VSA betrokke waar sy saam met Professor Gregg Vanderheiden by die Trace Centre van die University of Wisconsin-Madison aan ʼn projek werk wat dit ten doel het om IKTs meer toeganklik en aanpasbaar te maak vir die behoeftes van die gebruiker.

 

 

Prof Jenni Case

Prof Jenni Case

Op 15 April het Prof Jenni Case van UK gepraat oor “ Wetenskap en Ingenieurswese onderrig vir die 21ste eeu “. Professor Jenni Case is ’n opvoedkundige navorser en dosent in die wat klasgee in die voorgraadse Chemiese Ingenieurswese program aan die UCT. Sy spesialiseer in wetenskap en ingenieurswese onderrig op universiteitsvlak, en fokus veral daarop om te verstaan hoe om die deelname en sukses van studente van diverse agtergronde te verbeter. Sy het ’n BSc(Hons) graad in Chemistry van  Stellenbosch Universiteit, sowel as ’n MEd van die University of Leeds, ’n MSc van die University of Cape Town en ʼn PhD in Opvoedkunde van Monash University. Die fokus van haar huidige pos in die Chemiese Ingenieurswese Departement by UCT is op akademiese ontwikkeling en sy is ook Assistent Dekaan in die Engineering and the Built Environment Fakulteit. Sy het in 2007 die UCT Distinguished Teachers’ Award ontvang en is onlangs gekies as stigterslid van die Society for Engineering Education of South Africa (SEESA). Haar navorsing oor studente se ervaring van leer is wyd gepubliseer, met 35 eweknie-geëvalueerde joernaalartikels.

 

Judy Paterson

Judy Paterson

Op 22 April, het Judy Paterson van die University of Auckland oor “Spangebaseerde Leer (SBL) in  die Wiskundige Wetenskappe: Wat bied die vorm van aanbieding?” Prof Paterson is ’n wiskunde opvoeder wat met drie wiskundiges en een statistikus saamgewerk het terwyl hulle hul vorm van aanbieding in hul kursusse na SBL verander het. Sy het die implementering van die nuwe metodes bespreek m.b.v. voorbeelde uit hulle werk in die Wiskundige Wetenskappe om sodoende die potensiaal van die metode om studentebetrokkenheid en denke tydens lesings te verhoog, te illustreer. Hul navorsing dui daarop dat SBL beide studente- en dosenteleer kan stimuleer. Meer oor SBL www.teambased

Panorama Theme by Themocracy