Onderriggeleentheid 2013
Op 21 en 22 Mei het die Onderrig en Leer Gespreksforum ʼn tweedag Onderriggeleentheid in die Natuurwetenskap Fakulteit aangebied. Hierdie is ʼn eerste vir die Fakulteit en het aanbiedings deur kundiges, besprekings deur lede van die Fakulteit en insette oor onderrig-inisiatiewe in Departemente ingesluit. Dit is bygewoon deur 36 persone op dag een, waaronder die Dekaan en Adjunkdekaan (Onderrig), en 30 persone op dag 2.
Tydens terugvoer op die tweede dag, het alle deelnemers gevoel dat hulle dit graag jaarliks of twee-jaarliks herhaal sal wil sien. Hulle het onderrig-evaluering, buigsame assessering, assessering (veral in groot klasse), en meer kreatiewe onderrig-idees as onderwerpe vir verdere bespreking geïdentifiseer. Sien grafiek van dag 2 terugvoer hieronder.
Kliek hier vir Onderriggeleentheid 2013 Program