Meer oor OLG

By , Januarie 28, 2013 20:17

Die US Natuurwetenskap Fakulteit se Onderrig en Leer Gespreksforum het ten doel om die statuur van Wetenskaponderrig aan die US uit te bou deur te fokus op twee kritiese areas:

  1. Die onderrigfunksie
  2. Navorsing oor onderrig

Die Natuurwetenskap Onderrig en Leer Gespreksforum (OLG) ondersteun onderrig in die Fakulteit ondermeer deur werksessies, gesprekke en seminare oor onderrig en onderrignavorsing te reël en te fasiliteer. Die beplande aktiwiteite vir 2013 sluit die volgende in:

  1. Ondersteuning van nuut aangestelde dosente
  2. Inleidende sessie met studente betrokke by onderrig ondersteuning
  3. Gesprek oor tutoriale en ander vorme van akademiese steun
  4. Maandelikse seminare oor onderrig
  5. Natuurwetenskap Onderrigdag in Mei
  6. Identifiseer van toepaslike prestasie indikatore vir onderrig
  7. Advies oor die gebruik van buigsame assessering in die Fakulteit

Die Natuurwetenskap OLG ondersteun deeglike navorsing oor onderrig aangesien betroubare navorsing, uitgevoer in on skonteks, nie alleen ons begrip van onderrig en leer sake sal verbeter nie, maar ook onderrig. Die Natuurwetenskap OLG ondersteun navorsing oor Wetenskaponderrig deur

  1. Maandelikse leesgroepbyeenkomste
  2. Navorsing oor onderwerpe soos die rol van addisionele ondersteuning      in die Fakulteit, wat onderwerpe soos eweknie onderrig en groepwerk mag      insluit.

Bo en behalwe hierdie aktiwiteite, bied die Natuurwetenskap OLG  ook gratis konsultasiedienste aan alle personeel van die Natuurwetenskap Fakulteit.

Kontak Hanelie Adendorff by hja@sun.ac.za of 808-9191 vir algemene navrae.

Leave a Reply

Panorama Theme by Themocracy