(English) Reading Group

By , Februarie 4, 2013 22:17

Maandag 11 Februarie om 1 nm in Den Bosch

Emerging Methodologies in Engineering Education Research

Eerste Leesgroep byeenkoms

By , Februarie 4, 2013 22:14

Die eerste lees groep sessie sal op Maandag 11 Februarie om 1 nm in Den Bosch plaasvind. Nooi asseblief enigeen wat mag belangstel.

Ons sal die artikel “Emerging Methodologies in Engineering Education Research” bespreek. Lees dit asseblief vooraf – teken enige vrae of kommentaar wat jy mag hê aan en dan neem ons dit van daar.

Ontmoeting met studente aangestel in onderrigsteun rolle

By , Januarie 30, 2013 08:35

Prof Rewitzky, Dr Adendorff en Dr Blackie van die OLG sal op Woensdag 30 Januarie 2013 , studente wat in onderrigsteun rolle aangestel is, bv. tutors, demmies, studente assistente ens. toespreek. Die belangrikheid van hul rol in die Fakulteit, die Fakulteit se benadering tot onderrig en leer sowel as hul verwagtinge en die van Fakulteit sal tydens hierdie geleentheid aangeraak word.

Gesprek oor die gebruik van tutoriale en ander vorme van steun

By , Januarie 30, 2013 08:32

Daar blyk ’n toenemende behoefte aan en aandrang op addisionele akademiese ondersteuning vir studente, veral eerstejaarstudente, te wees. In die lig hiervan, het dit nodig geraak dat ons krities dink oor die aard van die ondersteuning (insluitend tutoriale) wat ons tans bied, behoort te bied en kan bied, veral met die oog op volhoubaarheid en die beskikbaarheid van senior studente wat hiermee kan help.  Op versoek van die NW LOK, het die OLG alle koördineerders van eerstejaarmodules, LOK verteenwoordigers en VGP dosente na ʼn bespreking van hierdie sake op Vrydag 1 Februarie 2013 uitgenooi

Verwelkoming van nuutaangestelde dosente

By , Januarie 30, 2013 08:31

Verteenwoordigers  van die dekaanskantoor en die Onderrig en Leer Gespreksforum ontmoet op Woensdag 30 Januraie nuut aangestelde dosente om hul by die Fakulteite te verwelkom. Nuwe dosente sal geleentheid om mekaar te ontmoet en voorgestel word aan sommige lede van die Dekaanskantoor, waaronder die dekaan, Prof. Doug Rawlings, Prof. Terry Robinson (Adjunkdekaan: Navorsing) en Prof Ingrid Rewitzky (Adjunkdekaan: Onderrig). Die geleentheid sal ook dien as ʼn krot inleiding tot sommige van die aktiwiteite van die Onderrig en Leer Gespreksforum en die Universiteit se onderrig en leer wegbreek geleentheid vir nuwe dosente, PRONTAK, wat in Julie sal plaasvind.

Panorama Theme by Themocracy