Category: Utrecht Network

  • Toit in the Netherlands

    Toit in the Netherlands

    Alle goeie dinge kom aan hom wat bereid is om te wag

    Die voor vertrek tydperk is eintlik ‘n baie prettige tyd. As ek ‘n paar ‘tips’met julle kan deel sal dit die volgende wees:

    • Doen jou huiswerk volledig. Met dit bedoel ek kry genoeg kwotasies by verskillende reisagentskappe. Die eerste beskikbare vliegtuigkaartjie is nie altyd die beste nie. Ek het  honderde rande gespaar deur net oor die pad te stap en ‘n tweede opinie gekry.
    • Moet nie noodwendig die goedkoopste vlug vat nie. Dink bietjie aan watter lugdiens jy gebruik en hoe lank jy gaan oorstaan op ‘n plek soos Dubai. Indien jy ‘n ekstra geldjie het betaal liewer bietjie meer en maak die vlug meer gerieflik.
    • Moet nooit bang wees om te vra nie. Vra is vry.  Die persoon wat jou vliegtuigkaartjie vir jou boek (bv flight centre) hy is altyd beskikbaar vir vrae oor Visa ens ook.
    • Wanneer jy ry om jou visa aansoek te gaan inhandig maak seker jy ry vroegtydig. Dit is nie baie prettig as jy ‘n uur lank aan 8 km ry net omdat dit reen in die Kaap nie.
    • Maak dubbelseker of jy kwalifiseer vir ‘n studie visa wat beteken jy spaar geld. Soms is dit beter om sommer net direk die betrokke ambasade te e-pos vir inligting.

    (more…)

  • Karla in the Netherlands

    Karla in the Netherlands

    Om vir hierdie somerskool aansoek te doen was die beste ding wat ek vir myself kon doen. Dit het my bemagtig op verskeie maniere en ek wil graag dit deel sodat nog US studente daarin kan deel.

    Voor vertrek
    Aansoek
    Doen moeite met jou aansoek vir die US se internasionale kantoor, veral die video. Doen navorsing oor al die verskillende somerskole beskikbaar en motiveer presies hoekom jy hierdie somerskool gekies het. Wanneer jou aansoek aanvaar word is daar dan ‘n addisionele aanlyn aansoekvorm wat jy vir die LEF somerskool invul.
    (more…)