Kollegas
Die tesisse en verhandelinge ingehandig deur studente met die oog op die Maart 2011-gradeplegtigheid is nou beskikbaar op SUNScholar. Doen gewoon ‘n outeur– of titelsoektog om by ‘n spesifieke publikasie uit te kom. SUNScholar is die volteks oop toegang digitale navorsingsbewaarplek van alle navorsingsuitsette gepubliseer deur lede van die Universiteit van Stellenbosch. Deurdat toegang oop is (behalwe waar anders versoek en goedkeuring deur die Senaat verleen is), is dit meer sigbaar, kan meer mense toegang hê daartoe, en kan dit meer aangehaal word.
‘n Permanente webadres word aan elke tesis/verhandeling toegeken. Gebruik dit gerus om skakels te skep vanaf CV’s, webbladsye, ens. Volg ook die gebruik van jou tesis/verhandeling deur op die View Statistics skakel te klik.
Vir enige navrae, kontak scholar@sun.ac.za of Tel.: 021 808 9139/9046
Vriendelike groete
Ina & Paulette (namens die SUNScholar-span)
Colleagues
Theses and dissertations submitted by students for the March 2011 graduation, are now available on SUNScholar. Simply conduct an author or title search to find your thesis/dissertation. SUNScholar is the full text open access digital research repository of research output published by members of the Stellenbosch University. Because it is openly accessible (unless requested otherwise and on approval of Senate), it is more visible, more people have access to it, and it can increase citations.
A persistent URL is assigned to each thesis/dissertation. Please use this URL to create links from CV’s, web pages, etc. Also follow the usage of your thesis/dissertation by clicking on the View Statistics link.
For any inquiries, please contact scholar@sun.ac.za or Tel.: 021 808 9139/9046.
Kind regards
Ina & Paulette (on behalf of the SUNScholar Team)