• Recent Posts

  • Categories

  • Tags

  • November 2008
    M T W T F S S
    « Mar   Dec »
     12
    3456789
    10111213141516
    17181920212223
    24252627282930
  • Recent Comments

  • Archives

  • Meta

Bespaar krag deur die bestuur van werkstasies

IT is besig om ‘n ondersoek te doen, oor hoe krag bespaar kan word, deur die bestuur van werkstasies. Daar word gekyk na die afskakel van werkstasies wanneer dit nie gebruik word nie, asook die afskakel van monitors indien die werkstasie nie gebruik word nie.

CRT (cathode ray tube) monitors gebruik veel meer krag as die nuwe generasie LCD (liquid crystal display) monitors. Ongelukkig is daar nog ‘n groot hoeveelheid van die ou CRT monitors op kampus.

Die bestuur van werkstasie se aan en af sit, is tans nie moontlik vanaf ‘n sentrale stelsel nie, omrede werkstasies wat nie afgesit mag word nie, nie maklik ge-identifiseer kan word nie.

Die bestuur van monitors van werkstasies wat nie gebruik word nie, is veel makliker vanaf ‘n sentrale stelsel, omrede dit die gebruik/doel van die werkstasie nie veel gaan beinvloed nie.

IT is besig met ‘n loodsprojek, waar ons kyk om alle werkstasies by IT, wat langer as 30 minute in ongebruik is, die monitors kan afskakel. Om hierdie besparing te kan meet, moet daar eers ‘n basislyn vasgestel word, van hoeveel krag gebruik word in die gebou. Eers daarna sal afskakel van monitors bestuur word.

Tags: ,

Leave a Reply

*