Diere het ook gevoelens

Oom Koei

Nie voordat die grondwet erken dat diere ook regspersoonlikheid het nie, is Suid-Afrika nog nie vry nie.

Julle blerrie antroposentriste kan redeneer dat diere nie die redeneringsvermoë het om as regsonderdane geag te word nie, maar hoeveel mense is daar wat ook nie oor hierdie vermoë beskik nie? Sommige van hierdie mense (ongelukkig nie almal nie) is wel deur howe as handelsonbevoegd verklaar; maar handelsonbevoegd beteken nie hulle is van hul regte ontneem nie, dit beteken net hulle mag nie self litigeer of in enige regshandeling deelneem nie. Daarvoor benodig hulle ‘n kurator: iemand wat hul beste belange op die hart dra en namens hulle kontrakteer of litigeer. Hulle belange word dus soos enige “regdenkende” regsonderdaan nog steeds ten volle verteenwoordig en gerespekteer.

So waarom mag diere nie kurators hê nie? Dis regtig belaglik. Grootskaalse onreg gebeur hier onder ons neuse, en niemand steur hul daaraan nie. Skaam julle almal!

Tags: , , ,

6 Responses to “Diere het ook gevoelens”

  1. Jimmy the fish says:

    Amen! Visse is ook lewendige wesens! Dankie hiervoor, Vorster. Ek stel jou sommer as my kurator aan.

  2. pseudoniem says:

    Ek hoor ‘n voëltjie fluit by ‘n hoëkop in die Nederlandse politiek, dat die Party Voor de Diere (PVD) ‘n geheime akkoord aangegaan het (met die moontlike koalisie-regering) dat dieremishandeling gekriminaliseer sal word.

  3. dingaan says:

    Voster as jy ‘n kurator vir diere kon wees, vir watter diere sou jy ‘n kurator wou wees? Hoekom sou jy spesifiek vir hierdie diere ‘n kurator wou wees maar nie vir sekere ander nie? En vir watter regte en voorregte sou jy graag namens genoemde diergroep(e) voor wou voorspraak maak?

  4. malan says:

    As diere regte gehad het sou ek al lewenslank gevonnis gewees het (van al die goed waaraan ek al diere blootgestel het).

    So ek s^e nee…vir nou…totdat tegnologie so ontwikkel dat ons agterkom dat diere wel kan praat en hulle gevoelens het, dan gaan ons met ‘n probleem sit…wat gaan ons dan op die kole gooi?

  5. Vorster says:

    Voster as jy ‘n kurator vir diere kon wees, vir watter diere sou jy ‘n kurator wou wees? Hoekom sou jy spesifiek vir hierdie diere ‘n kurator wou wees maar nie vir sekere ander nie? En vir watter regte en voorregte sou jy graag namens genoemde diergroep(e) voor wou voorspraak maak?

    Die hof kan besluit vir wat ek as kurator moet optree. Ek sal seker maak hulle regte, wat nie veel moet verskil as die wat in die Handves van Regte vergestalt is nie, word beskerm. Nes ‘n kurator vir iemand wat handelsonbevoegd verklaar is sou doen.

    wat gaan ons dan op die kole gooi?

    Ons kan ‘n braaivleis-uitsluitingsklousule by die artikel op die reg van lewe byvoeg.

  6. malan says:

    Beteken dit dat ons net vleis op die vure kan gooi as die dier van natuurlike oorsake gesterf het?

    Dit is oraait, dan skip ek maar liewers daardie braai…

Leave a Reply