Archive for the ‘Gasskrywers’ Category

ET op Stellenbosch kampus?

Sunday, November 21st, 2010

Aangesien baie van vandag se nuus-media gebruik maak van Facebook as ‘n bron van inligting, het ek ook besluit om die roete te volg… en het toe op ‘n baie vreemde vlieënde dekaan van studentesake se profielfoto af gekom…

Wat word van ons jeug…

Monday, November 15th, 2010

Wat het geword van ons skole. Ek onthou van ‘n tyd waar pouses bestaan het uit kinders wat doelloos rondstaan en nonsens praat. Aan kinders wat sokker speel, meisies en seuns wat onophoudelik giggel oor elke denkbare ding en soos hulle ouer word met verhoudings begin eksperimenteer (m.a.w. handjies vashou of dalk mekaar soen).

Die ergste ding wat ek kan onthou wat gebeur het op skool was toe ‘n groep matrieks gedrink het op skoolgronde. Nadat hulle gevang was, het die hoof toe van hulle vereis dat elkeen voor die hele skool (‘n groep van 1300 skoliere) om verskoning moes vra vir hul optrede; maar na die afgelope paar weke se sekskandaal ontblotings (no pun intended) het ek besef dat ons duidelik baie verveeld was.

Hoekom is die jeug van vandag so promisku? Wat het gebeur oor die afgelope paar jaar wat ons kinders so jags maak? Laat ons maar die Hoërskool Jules insident in Johannesburg as ‘n voorbeeld gebruik. Hier het 15-jariges tydens pouse gedrink en het hulle in groepseks deelgeneem (terloops hierdie video is te koop beskikbaar op Outoilet (ek het nie eens van die bestaan van hierdie kletskamer geweet nie, maar nou danksy Fokus weet ek presies waar om hierdie video te kry…dit is waar die media die vuur aanblaas waar hulle bedoelinge eintlik goed was, maar hulle visie duidelik kortsigtig was). Nadat al die aksie op video vasgelê is en die meisie besef het dat dit dalk ‘n bietjie dom was het sy verkragting geskreeu. Die seuns is toe aangekla, maar weens ‘n tekort aan bewyse was hulle vrygelaat.

Het groepseks maar altyd plaasgevind op ons skoolgronde sonder ons medewete aangesien niemand dit kon verfilm het nie? Of raak ons jeug baie vroeër bewus van grootmens dinge?

Wie kan ons blameer? Wie kan ons verantwoordelik hou vir hierdie verrotting van standarde in ons samelewing? Dalk die president wat ‘n sagte plek het vir vroue wat kort rokke dra. Dalk die hedendaagse ouers? Dalk globalisering wat dit moontlik gemaak het om pornografie binne bereik van miljoene mense te plaas?

Dit maak seker nie saak wie ons blameer vir hierdie verval van morele waardes in ons samelewing nie, ons moet aan maniere dink om weer ‘n omgewing te skep waar sulke dade nie plaasvind nie. Enige idees dalk???

Afrika en sy probleme…

Monday, November 8th, 2010

Dit is so hartseer dat Afrika nog altyd aan die agterspeen van ekonomiese welvaart suig. Ons hoef nie eers ver te gaan om ‘n voorbeeld te sien nie: Zimbabwe, hoër op in Afrika kry ons nog Somalië, Sudan en daar is nog talle ander voorbeelde wat opgenoem kan word.

Mugabe

Die vraag is kan Afrika na die era van kolonialisme die kettings van afhanklikheid afbreek en homself uit armoede lig. Persoonlik blameer ek nog steeds koloniseerders vir die probleme waarmee Afrika vandag sit, jy kan nie so ‘n sisteem skep en dan net eendag wegstap en dink dat alles vlot gaan verloop in daardie area nie. Partykeer het die dinge wat die koloniseerders in plek gestel het verreikende gevolge gehad wat hulle nie eers geantisipeer het nie, kyk byvoorbeeld in Rwanda (waar miljoene mense uit gemoor was op grond van oppervlakkige verskille). Dank die Vader dat die groot koloniseerders (Nederland en Brittanje) ‘n stukkie van Suid-Afrika wou hê, ten minste het hulle vir ons ‘n voorsmakie gegee van hoe ‘n demokratiese staat lyk (waar een regering vervang kan word met ‘n ander).

Baie mense dink dat kolonisasie gestop het, maar deesdae het hy slegs ‘n ander vorm aangeneem. In plaas daarvan dat hy ‘n wit-gesig het, het hy nou ‘n geel een.

So hoe gaan ons die probleme wat ons geërf het in Afrika oplos? Hoe gaan ons die afhanlikheid wat so inherent tot die Afrika politieke sisteem behoort oplos? Ek sal baie graag die opinies van my verligte Maties wil hoor van hoe ons leiers kan skool wat die kontinent na nuwe hoogtes kan vat. Enige idees…

“African time is killing Africa – let’s fight it.”

Sunday, November 7th, 2010

Smuts was onlangs weereens die slagoffer van ‘n verskynsel wat hom deesdae al hoe meer dwars in die krop steek. Alle Suid-Afrikaners het al daarmee te doen gehad en ‘n groot deel van ons bevolking leef dit daagliks met die grootste geredelikheid uit. Vir sommige is dit ‘n viering van kultuur, ander swyg daaroor vir doeleindes van politiese korrektheid terwyl dit vir ander ‘n reuse bron van irritasie is. Jap, jy het reg geraai: Afrikatyd.

Myns insiens is dit tyd om te erken dat hierdie waarlik ‘n uitgediende konsep is wat nie langer tuishoort in die dinamiese wêreld waarin ons vandag lewe nie. Ongeag hoe ‘n mens daarna kyk, die feit bly staan dat ander mense se tyd waardevol is. Sommige koppel ekonomiese waarde daaraan en vir ander het dit weer meer emosionele waarde.  Maar veral vanuit die eersgenoemde, kapitalistiese oogpunt is Afrikatyd ‘n absolute ramp deurdat effektiewe ekonomiese verhandeling erg gekniehalter word deur hierdie verskynsel. Hierdie benadering tot tyd in die algemeen mag deur sommiges uitgekryt word as ‘n vaskloue aan Westerse dekadensie of kapitalistiese eurosentrisme, maar Smuts is nie al een wat meen Afrikatyd is problematies nie. So het ‘n Ghanese skrywer byvoorbeeld al in 2004 geskryf (soos gevind op Wikipedia by http://en.wikipedia.org/wiki/African_time):

“One of the main reasons for the continuing underdevelopment of our country is our nonchalant attitude to time and the need for punctuality in all aspects of life. The problem of punctuality has become so endemic that lateness to any function is accepted and explained off as ‘African time.’”

Verder was daar in Oktober 2007 in die Ivoorkus ‘n veldtog geloods teen die verskynsel van Afrikatyd. Hierdie inisiatief, met die slagspreuk “African time is killing Africa – let’s fight it”, is selfs deur hul president, Laurent Gbagbo, ondersteun. Siedaar, ons mede Afrikane is ook van die opinie dat daar met Afrikatyd weggedoen moet word, VIVA! So, getroue mede-Vryematies, doen jou deel om hierdie euwel uit ons samelewing te help werp en sorg dat jy betyds is vir jou afsprake.

Bruin mense…

Wednesday, November 3rd, 2010

Malan het hierdie paar weke gevat om ‘n bietjie selfondersoek te doen en om homself weer te vind. Nadat hy van die slegtste dinge beskuldig is onder andere: dat hy homofobies, rassisties en seksisties is, het dit hom gedwing om weer sy siel te vind…en dit is met groot blydskap om aan te kondig dat hy sy siel wel gekry het.

Ek sal graag hierdie week wil skryf oor die bruin mense van hierdie land (ja, nie kleurling nie maar bruin, aangesien baie bruin mense die woord kleurling vergelyk met die k-woord).

Laasweek kyk ek so na die TV en al wat ek hoor is hoe geweldadig bruin mense is. Daar was ‘n insetsel op 3’rd Degree van ‘n bruin-meisie wat onder raaiselagtige omstandighede vermoor was. Dan was daar op Solving It ‘n insetsel van hoe ‘n groep bruin-bendelede op ‘n moord-veldtog gegaan het in die Noord-Kaap…hartseer om die minste te sê…

Ek hoef nie die statistieke vir julle op te noem nie, ons almal weet dat die bruin-mense proporsioneel die grootste teenwoordigheid in Suid-Afrikaanse tronke het. As ons kyk na die Kaapse-vlakte waar die groot meerderheid bruin-mense is, vier armoede, tiener-swangerskap, dwelm-verslafing hoogty…weereens dit is iets om van hartseer te word…

Wat my egter baie kwaad maak is die feit dat die wittes al lank hierdie gemeenskap verwerp het. Dit klink absurd as ‘n mens dit hard-op noem, hoe kan ‘n gemeenskap ‘n ander gemeenskap verwerp as hulle ‘n bloed-verwantskap het. Apartheid het gedwing dat hierdie groepe apart moet bly. Die grootste rede hiervoor is dat die ras suiwer moes bly. Wie op des aarde dink tog dat hulle die uitverkorene volk is op grond van die suiwerheid van hulle gene… Hitler of Verwoerd (snaaks genoeg het hy self erken dat die idee dat een ras nog suiwer is verregaande is)?

(more…)

Onregmatige verhoging van studentefooie

Tuesday, October 26th, 2010

Blêr…

‘Mens’ sal tog dink dat ‘n onregmatige en ongegronde verhoging van die jaarlikse Stellenbosch Kraal fooie, deur die Stellenbosch Kraal Bestuur (SKB), ‘n groter oproer sal veroorsaak tussen die 24 000 skape wat direk en indirek daardeur beïnvloed sal word.

Maar skape is nie mense nie; vir skape is kritiese denke en opstand ondenkbaar. Daarom het ‘n trop van slegs sowat 200 Stellenbosch Kraal skape (SKB skryf hierdie eienaardige gedrag aan hondsdolheid toe) die 21ste Oktober al die pad vanaf die Rooi Plein, deur die Neelsie, by Victoria straat af tot voor die Admin B gebou geblêr ten bate van RAG in sommige gevalle, maar meestal teen die onregmatige verhoging van die jaarlikse Kraal fooie.

As een van die voortvarende skape wat geblêr het tot by Admin B, was ek verbaas gewees om te sien hoe ‘n hele paar mede skape langs die kantlyn gestaan het en snedige opmerkings gemaak het. Asof die saak hul glad nie beïnvloed nie. Die tipes is mos SKB se geliefste skape, die tipe wat nooit blêr nie en net tjoepstil gehoorsaam verder wei.

Nadat daar ‘n hele paar skaaphonde (USBD) ons omsingel het tot by Admin B, het SKB se voorsitter ‘n ooreenkoms geteken wat SKB se ondersteuning vestig aan die kraal se behoeftige skape.

‘n Enorme wortel, een van sowat R137 miljoen werd, is aan die behoeftige skape beloof – die trop het almal gelyk geblêr en daarna gaan verder wei, probleem opgelos.

Wat my gepla het as ‘n mede hondsdolheid gediagnoseerde skaap, is dat geen van ons bewus gemaak is van hoe groot die vorige jaar se wortel was nie, asook nie ‘n geleentheid gebied is om die wortel te kritiseer en bevraagteken nie… maar dalk is dit net die hondsdolheid wat my so laat wonder…

Blêr…

Old toppies outmaneuvered by gutsy students

Wednesday, October 20th, 2010

To the open dismay of the representatives of the Senate, Council, Management and other sectors, student representatives have shrewdly managed to secure two of the most important positions on the Institutional Forum (IF)* of the University of Stellenbosch.

Innes Barnardt, one of the students who apparantly showed great backbone and oratory skills in assuring that the student candidacies were accepted

Yesterday the IF had its annual election where a new executive committee as well as its delegate to the Council had to be elected. Normally, the same old oomie or tannie are voted to these positions despite lacking the resolve and vision to make the IF relevant to the University. Student representatives have always been too intimidated, or, if they did have the nerve, rarely received enough support from the other sectors to be elected to these positions.

Yesterday, however, was a different story. The old folks seemed to have taken their patronizing and degenerative monopoly on power for granted, for they have foolishly failed to show up at the election in sufficient numbers. They probably bargained it would be bussiness as usual, having faith that their facsimiles would be duly re-elected. But little did they know that a spirited and determined student sector would show up with a full house of representatives, comprising nearly one half of all members present at the election.

For the uncles and aunts that did show up, it must have been a nightmare, possibly reminiscent of the 1994 general election when endless lines of black people suddenly formed in front of the polling stations…

(more…)

Wyse woorde…

Thursday, October 7th, 2010

“You will never be happy if you continue to search for what happiness consists of. You will never live if you are looking for the meaning of life.” -Albert Camus (1913-1960)

En omdat Malan weet dat sy mede-revolutionaries maar elke nou en dan behoorlik die lewe vir hulself probeer uitpluis, sal hy graag wil hê dat hulle na die wyse woorde van hierdie oom moet luister.

‘n Soen…

Monday, October 4th, 2010

Nadat die Heilige Koei behoorlik Malan berispe het oor die stiptelikheid van sy skrywes hetMalan in ‘n hoekie gaan sit, ‘n paar donkie trane gehuil en begin skryf aan sy skrywe. Min wetende dat ‘n virus daardie stuk sou opvreet (dit het regtig gebeur)…

Nie te min belowe Malan om nooit ooit weer sy skrywe laat te plaas nie…maar bygesê: Malan het ook ‘n paar jaar terug gesê hy sal nooit ooit weer sy mond aan drank sit nie en hy was laas naweek smoordronk…

‘n Paar weke terug het Die Matie ‘n foto geplaas van twee mans wat mekaar by die jaarlikse Soen in die Laan gebeurtenis soen. Wat hierdie redaktrise besiel het om hierdie foto te plaas gaan my verstand te bowe…Regtig, wat het sy gedink gaan mense se reaksie wees:”Haai, kyk hoe mooi lyk dit” ,”ek wil ook nou ‘n man soen”, “dit lyk lekker”???

11 Augustus 2010

Almal in hierdie land wil baie graag glo dat almal binne die grense van Suid-Afrika progressief is en nie vooroordele het nie, wel ons almal dra nog steeds daardie vooroordele alhoewel ons dit nie openlik sal erken nie. Hierdie redaktrise het egter ‘n stappie verder gegaan deurdat sy doelbewus ‘n reaksie wou uitlok het met die plasing van hierdie foto. Dat sy nie die gevolge van haar aksie kon voorsien het nie sal haar in my opinie onnosel, dom en fokken-stupid maak. Hierdie redaktrise het nou ammunisie gegee in die hande van Stellenbosch se grootste kritici, want nou kan hulle ook op die wa spring dat Stellenboschers nog baie konserwatief is en dat hulle nog altyd baie outydse denke het, terwyl alle groepe in hierdie land verseker dieselfde of selfs erger sou reageer het.

Ek wil ook baie graag vir die Lesbi-gay vereniging vra waaroor het hulle nou regtig aangegaan het, volgens die stukke wat ek onder oë kon kry het dit voorgekom asof hulle Soen in die Laan ge-boycott het. Nou ek het ook nooit van Soen in die Laan gehou nie, want dit gaan nie regtig ‘n blywende herinnering laat as studente eendag die universiteit verlaat nie. Waarvoor wou hulle dan so graag aan so ‘n skaap-dansery deelneem? Hulle het toe selfs ‘n persverklaring afgelê wat hulle deelname aan Soen in die Laan aangekondig het…who gives a ****, maar dit is seker die rol van sulke bemagtigingsgroepe (om geraas te maak oor alles).

‘n Paar jaar terug het Malan in die gang van Die Matie se kantoor gekots (dit het ook regtig gebeur). Ek wil graag almal aanmoedig wat hierdie stuk lees om dieselfde te doen. Of nog te beter kots op die redaktrise as julle haar weer sien…

Malan wil graag sy innige simpatie betuig aan die familie van Björn Czepan (een van die mans in die foto) wat tragies ‘n paar weke in ‘n motor ongeluk gesterf het.

Jammer…

Tuesday, September 14th, 2010

Malan vra nederig omverskoning vir die baie laat plasing van sy stuk, maar dit lyk vir my die skrywersblokasie is nog nie heeltemal oor en verby nie.
Terwyl Malan egter bepeins het oor wat om te skryf, het hy wel gedink aan regstellende aksie en die uitwerking daarvan op die persoon wat hierdie posisie gevul het en hier is wat hy mee vorendag gekom het:

Nee, jy is verkeerd as jy dink ek gaan hierdie konsep in diepte bespreek, daar het alreeds te veel bekwame mense oor hierdie onderwerp gepraat. Ek gaan liewers die ander kant van die spektrum bespreek: die aspek van mense wat wat juis sekere strategiese besluite maak om hulle verskuilde agendas (nie noodwendig boos nie, maar nogsteeds nie deursigtig genoeg dat jy weet wat hulle probeer doen nie) te bevorder.

Nou ons kan groot maatskappye as voorbeelde gebruik wat doelbewus swart direkteure aanstel (wat nie regtig bekwaam is om die werk te doen nie) net sodat hulle in aanmerking kan kom vir regering kontrakte. Nou wil almal regstellende aksie die skuld gee as daardie maatskappy flop en die werk (waarvoor die maatskappy gekontrakteer was) nooit gedoen word nie. Die probleem lê nie by regstellende aksie self nie (as ‘n mens so kyk na die samestelling van die top-bestuur van baie van die groot maatskappye is dit baie duidelik dat iets daadwerkliks gedoen moet word om ‘n meer gelyke weerspiëling van die Suid-Afrikaanse bevolking op die besture te kry). Die probleem lê by die insentiewe wat gestel word vir maatskappye om hierdie doelwitte van transformasie te bereik, daar is eenvoudig net te min bekwame swart besigheidslui om hierdie posisies te vind. Wat sal so ‘n ‘top-down’ tipe van ‘n implementering tot gevolg hê: presies dit wat ons vandag sien en nie wil hê nie. Maar in elk geval…ons almal weet dit (behalwe die regerende party natuurlik wat meer populistiese metodes gebruik om tydelike steun te wen en nie regtig aan die langtermyn plan dink nie).

(more…)