[:en]

Dr Elbie Adendorff ontvang C3-navorsingsgradering

Die Departement Afrikaans en Nederlands is besonder trots op Dr Elbie Adendorff wat ’n C3-navorsingsgradering van die Nasionale Navorsingstigting ontvang het.

Dr Adendorff publiseer gereeld top-gehalte navorsing. Die C-gradering beteken dat ander navorsers die gehalte en impak van haar werk as ’n ervare navorser met ’n bewese publikasierekord beskou.

Die keurders het onder meer die volgende gesê in hulle terugvoer: Hulle erken die relevansie van dr Adendorff se navorsing in taalverwerwing, tweedetaalverwerwing, leer en onderrig, Afrikaansvreemdetaalverwerwing en kurrikulumontwerp. Dit is ’n nis-area waarin dr Adendorff ’n gerekende internasionale navorser kan word. Die keurders het ook haar betrokkenheid by en mentorskap van haar nagraadse studente geprys omdat sy hulle aanmoedig om te publiseer.

Doe zo voort, dr Adendorff![:AF]Die Departement Afrikaans en Nederlands is besonder trots op Dr Elbie Adendorff wat ’n C3-navorsingsgradering van die Nasionale Navorsingstigting ontvang het.

Dr Adendorff publiseer gereeld top-gehalte navorsing. Die C-gradering beteken dat ander navorsers die gehalte en impak van haar werk as ’n ervare navorser met ’n bewese publikasierekord beskou.

Die keurders het onder meer die volgende gesê in hulle terugvoer: Hulle erken die relevansie van dr Adendorff se navorsing in taalverwerwing, tweedetaalverwerwing, leer en onderrig, Afrikaansvreemdetaalverwerwing en kurrikulumontwerp. Dit is ’n nis-area waarin dr Adendorff ’n gerekende internasionale navorser kan word. Die keurders het ook haar betrokkenheid by en mentorskap van haar nagraadse studente geprys omdat sy hulle aanmoedig om te publiseer.

Doe zo voort, dr Adendorff![:]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *